Vrae oor inentings in Suid-Afrika

Business Leadership South Africa sê hulle wil meer besonderhede hê oor presies hoe die buurland se regering beplan om teen die einde van die jaar 40-miljoen Suid-Afrikaners teen die koronavirus in te ent. Die regering se oorspronklike veldtog het agter geraak nadat planne om Oxford AstraZeneca se Covid-19-entstof te gebruik deur die mat geval het. Die doeltreffendheid van dié entstof word wêreldwyd in twyfel getrek. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê daar is beslis geen einde aan hierdie pandemie of ‘n begin aan ekonomiese herstel moontlik sónder ‘n doeltreffende nasionale inentingsprogram nie.