Proteas teen Pakistan vandag

Krieket: Temba Bavuma sal vandag vir die eerste keer Suid-Afrika se Protea-eendagspan aanvoer wanneer hulle Pakistan in die eerste van drie eendagwedstryde by Supersport-park in Centurion, Pretoria, die stryd aansê. Die eendagreeks word gevolg deur drie T20-wedstryde en is ter voorbereiding van die T20-wêreldbeker wat in Oktober en November in Indië plaasvind. Suid-Afrika moet na die tweede eendagwedstryd sonder spelers soos Quinton de Kock, Anrich Nortje en Kagiso Rabada klaarkom omdat hulle dan na Indië vertrek om aan die Indiese Premierliga deel te neem.