Polisie ondersoek beweerde spoedoortreding teen dr Mathe

Die Namibiese polisie is besig met ‘n ondersoek nadat die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Sport, dr Audrin Mathe, na bewering te vining gery en die spoedgrens oorskry het oppad na die noorde vir die Paasnaweek. Hy was volgens berigte ongelukkig toe ‘n kaartjie vir die oortreding aan hom uitgereik is. Nampol sal later ‘n volledige verklaring oor die insident uitreik. Die Namibiese polisie waarsku lede van die publiek intussen om padreëls na te kom. Nampol se Woordvoerder Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi.