Namibiese vrouespan is tops
Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Sokkervereniging Franco Cosmos het gereageer op die oorwinning van die nasionale vroue sokkerspan, die Brave Gladiators oor die Angolese vroue in die hoofstad.
GERD: Uganda staan by Egipte
Uganda het ‘n militêre intelligensie ooreenkoms met Egipte onderteken as gevolg van toenemende spanning tussen Egipte en Etiopië wat deur die sogenaamde Grand Renaissance-dam veroorsaak word. Die dam, wat hidro-elektriseit op die Nyl sal opwek, is reeds jare lank ‘n kwelpunt met Soedan wat ook sy kommer uitgespreek het oor die watervlakke wat onder die […]
Eskom prysstyging sal plaaslik pryse opwaarts stoot
Die 15 persent verhoging wat deur Eskom in Suid-Afrika bekom is sal ook ‘n wesenlike impak op Namibië hê. Die buurland se Nasionale Energiereguleerder het vroeër ingestem tot Eskom se versoek vir ‘n verhoging van meer as 15 persent. Dit sal die kragvoorsiener in staat stel om nagenoeg 10 miljard Namibiese doller van kraggebruikers, wat […]
Geingob oorweeg nog forensiese oudit
Dit is nog nie duidelik of President Hage Geingob ‘n forensiese oudit na die sake van die Ministerie van Verdediging en August 26 Holdings sal las of nie. Die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho het Geingob gevra om die oudit te doen om hom te vrywaar van die aantygings teen hom. Die president se […]
18 TB-gevalle maandeliks by een Kaapse Rooikruis-kinderhospitaal
Covid het dalk ander siektes oorheers maar hulle kom nog voor. Die meeste gevalle van kinder-TB in Kaapstad word by gemeenskapsklinieke behandel, maar sommige kinders benodig binnepasiëntesorg weens die erns van hul siekte. In 2020 is 217 kinders met die siekte gediagnoseer en ‘n gemiddeld van 18 gevalle per maand is in die Rooikruis-kinderhospitaal behandel. […]
Plant jou winter gewasse
Kleinskaalse en stedelike boere word aangemoedig om winter-gewasse te verbou in ‘n poging om voedselsekerheid te verstek. Gilbert Mulonda, die Bestuurder vir Akkerbou en Tuinbou by die Namibiese Akkerbouraad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
Etosha-heining vorder goed
Herstelwerk aan die heining van die Etosha Nasionale Park is deur die Covid-pandemie onderbreek en baie min personeel was toegelaat om op die perseel die herstelwerk te doen. Die Minister, Pohamba Shifeta sê hy is wel tevrede met die vordering wat gemaak is…
Archie veg voort in die hof
Bank Windhoek staan die saak waar Archie Graham saam met 58 ander aansoekers die Hoërhof vir ‘n bevel vra om die Meester van die Hoërhof te verbied om Alwyn Van Straten en William Schickerling as voorlopige likwidateurs of trustees aan te stel by enige van die aansoekers wat gelys is, teen. Die aansoekers in die […]
Basel-leerders jok oor Covid…
Leerders by ‘n instansie in die Switserse stad van Basel het Covid-uitslae vervals sodat daar positiewe gevalle kan wees. Op die manier is die hele klas in kwarantyn geplaas en die leerders hoef toe nie skool by te woon nie. Owerhede het die plan agtergekom en neem volgens internasionale nuusagentskappe dissiplinêre aksie teen die betrokkenes.
Slang in die gras het landbou-befondsing
Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het ‘n spaarvarkie geword vir organisasies wat miljoene se toelaes onttrek en as agente optree. Die DA-lid, Annette Steyn, sê volgens die departement se jaarverslag het ‘n organisasie sonder winsbejag, die Suid-Afrikaanse Boere-ontwikkelingsvereniging, in 2018-2019 133 miljoen Namibiese doller ontvang en in 2019-2020 ‘n […]