18 TB-gevalle maandeliks by een Kaapse Rooikruis-kinderhospitaal

Covid het dalk ander siektes oorheers maar hulle kom nog voor. Die meeste gevalle van kinder-TB in Kaapstad word by gemeenskapsklinieke behandel, maar sommige kinders benodig binnepasiëntesorg weens die erns van hul siekte. In 2020 is 217 kinders met die siekte gediagnoseer en ‘n gemiddeld van 18 gevalle per maand is in die Rooikruis-kinderhospitaal behandel. Hierdie is die feite waarmee die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, tydens sy besoek aan die hospitaal uitgedaag is. Die Waarnemende Uitvoerende hoof, Anita Parbhoo, sê dit is belangrik vir ouers om op die uitkyk te wees vir tekens van moontlike besmetting: