Archie veg voort in die hof

Bank Windhoek staan die saak waar Archie Graham saam met 58 ander aansoekers die Hoërhof vir ‘n bevel vra om die Meester van die Hoërhof te verbied om Alwyn Van Straten en William Schickerling as voorlopige likwidateurs of trustees aan te stel by enige van die aansoekers wat gelys is, teen. Die aansoekers in die saak sluit talle CC maatskappye en verskeie trusts in. Die saak is tot vandag toe uitgestel deur Regter Thomas Masuku vir ‘n status verhoor. In sy stukke voor die hof sê Graham dat Van Straten hom by een krediteur, Bank Windhoek skaar en hy voer aan dat die twee konfidensiële inligting gedeel het. Hy sê aan die hof dat Van Straten nie onafhanklik is nie en maak verwysing na ‘n konflik van belange. Die partye het stukke ingedien en daar word verwag dat ‘n verhoordatum vandag dalk bepaal sal word. Graham gaan op die oomblik gebuk onder finansiële uitdagings.