Geingob oorweeg nog forensiese oudit

Dit is nog nie duidelik of President Hage Geingob ‘n forensiese oudit na die sake van die Ministerie van Verdediging en August 26 Holdings sal las of nie. Die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho het Geingob gevra om die oudit te doen om hom te vrywaar van die aantygings teen hom. Die president se Woordvoerder Alfredo Hengari het aan media bevestig dat Geingob nog die saak oorweeg. Die Regstellende Herposisionering Beweging het aantygings gemaak dat Vilho voordeel getrek het van ‘n 1,8 miljard Namibiese doller se wapentransaksie en verder, dat hy miljoene van die fondse oorbetaal het aan August 26. Die beweging sê Vilho se Honkgong beleggingsrekening hou verband hiermee maar daar is geen bewysstukke voorgelê nie. Vilho sê hy het bedank omdat die belangrike sake van nasionale sekuriteit ly onder die media aandag wat hy op die oomblik ontvang.