Basel-leerders jok oor Covid…

Leerders by ‘n instansie in die Switserse stad van Basel het Covid-uitslae vervals sodat daar positiewe gevalle kan wees. Op die manier is die hele klas in kwarantyn geplaas en die leerders hoef toe nie skool by te woon nie. Owerhede het die plan agtergekom en neem volgens internasionale nuusagentskappe dissiplinêre aksie teen die betrokkenes.