Rand versterk goed, ekonome reageer

Reaksie is ontvang op die versterking van die Suid-Afrikaans erand. Ekonome in die buurland sê die mark is optimisties, gerugsteun deur vordering met die korona-virus entstof en optimisme oor wêreldwye ekonomiese groei. Cheryl Emvula ‘n ekonoom by Cirrus in Windhoek het dit so verwoord…

Read More

Bank sê Woensdag oor die repokoers

Die jongste bank terugkoopkoers sal Woensdag deur die Goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, bekend gemaak word. Op die oomblik is die repokoers 3,75 persent. Salomo Hei, High Economic Intelligence Investment se Hoof van Navorsing sê dit sal onderanderd gelaat word. Hy verduidelik…

Read More

Sacky en James betrap met selfone

Dit is nie bekend hoe die voormalige Minister van Justisie Sacky Shanghala en sy mede-beskuldigde James Hatuikulipi toegang tot selfone gekry het nie. Die twee is onlangs met die fone betrap. Volgens Kommissaris Sam Shalulange is dit moeilik om op te spoor maar, die ondersoek duur voort.

Read More

Twee dagga oortredings

Die onwettige handel in dagga is steeds ‘n uitdaging vir die Namibiese polisie. ‘n Verdagte is die naweek met 275 000 Namibiese doller se dagga in hegtenis geneem in Otjomuise. Die man, 30 jaar oud, het volgens owerhede 11 pakke dagga in sy besit gehad. Ook oor die naweek is ‘n 23-jarige verdagte in Tses […]

Read More

Okahandja vergader met inwoners

Die Okahandja Dorpsraad sal ‘n reeks vergaderings met inwoners hou in ‘n poging om raadslede aan die gemeenskap voor te stel en ontwikkelingsplanne te bespreek. Die Adjunk Burgemeester Vincent Kariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Rand versterk, uitstekende nuus

Ekonome in Suid-Afrika verwag dat die rand tot sy sterkste vlak hierdie maand sal styg indien die mark-optimisme voortduur. Die buurland se geldeenheid het verlede week se beste vlak in ses weke van 14-rand-44 sent teenoor die Amerikaanse doller bereik, versterk deur verwagtinge dat leningskoerse in die VSA laag sal bly. Ontleders sê die rand […]

Read More

Eis opleidingheffing so terug

Die Namibiese Opleidingsowerheid het werkgewers daaraan herinner dat hulle 50 persent van hulle opleidingsheffing kan terugeis. Die sperdatum is 1 Mei en daar is verskeie stappe wat werkgewers moet volg, soos Morne Louw, die owerheid se Bestuurder van Kommunikasie verduidelik.

Read More

NamWater beperk sy uitgawes, word N$1 miljard geskuld

NamWater se finansiële posisie is stabiel en versterk jaarliks. Dit is die mening van die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte Abraham Nehemia, wat gesê het dat inkomste met net meer as 3 persent verbeter het. NamWater se Woordvoerder, Johannes Shigwedha, sê dit gaan oor die inperking van uitgawes…

Read More

‘Admin’ is baie belangrik vir SME’s

Klein en medium sakeondernemings het uitdagings met adminsitratiewe bestuur en dus, sukkel talle van die maatskappye met goeie bestuursstelsels, wat die nakoming van belasting maatreëls insluit. Andiswa Bata, FNB Besigheid se Streekshoof in Gauteng sê baie van die uitdagings lê in die kultuur van met kontant handel….

Read More

Verlamde boer vasgebind in rolstoel, geskiet

Dit het bekend geword dat ‘n boer in ‘n rolstoel wat die naweek in KwaZulu-Natal vermoor is, vroeër op sy plaas by Winterton aangeval is. Neil McKay se ma het op sy liggaam afgekom nadat hy verwurg is. Die 46-jarige McKay was verlam nadat hy 20 jaar gelede tydens ‘n plaas-aanval geskiet is. Niemand is […]

Read More