Rand versterk, uitstekende nuus

Ekonome in Suid-Afrika verwag dat die rand tot sy sterkste vlak hierdie maand sal styg indien die mark-optimisme voortduur. Die buurland se geldeenheid het verlede week se beste vlak in ses weke van 14-rand-44 sent teenoor die Amerikaanse doller bereik, versterk deur verwagtinge dat leningskoerse in die VSA laag sal bly. Ontleders sê die rand mag dalk die potensiaal hê om winste uit te brei en te groei tot 14-rand-40 teenoor die doller, gerugsteun deur vordering met die korona-virus entstof en optimisme oor wêreldwye ekonomiese groei.