Twee dagga oortredings

Die onwettige handel in dagga is steeds ‘n uitdaging vir die Namibiese polisie. ‘n Verdagte is die naweek met 275 000 Namibiese doller se dagga in hegtenis geneem in Otjomuise. Die man, 30 jaar oud, het volgens owerhede 11 pakke dagga in sy besit gehad. Ook oor die naweek is ‘n 23-jarige verdagte in Tses vas nadat hy met 4 pakke dagga betrap is. Die waarde van die dwelms moet nog bepaal word. Die polisie sê die ondersoek duur in beide sake voort.