Banyana Banyana-afrigter kry plek in SA Heldesaal
Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, word volgende Woensdag in die Suid-Afrikaanse Heldesaal ingehuldig. Sy word vereer vir haar talle prestasies, insluitend om die span in 2022 tot ʼn geskiedkundige Afrikabeker-titel vir Vroue te voer. Ellis kry erkenning naas ander sokkerbekendes soos die afrigter van Bafana-Bafana, Ephraim Mashaba, en die legendes Neil Tovey en […]
Grindr bied MIV-selftoetse plaaslik aan, ‘n eerste vir Afrika
Die globale afspraak-toep Grindr het sy program uitgebrei om gebruikers te koppel aan gratis tuisafgelewerde MIV-selftoetsstelle in Namibië, wat die eerste keer is dat die maatskappy hierdie diens in Afrika aanbied. Grindr het ‘n vennootskap aangegaan met IntraHealth Namibia, ‘n proses wat gefasiliteer is deur Equal Namibia, ‘n jeuggeleide sosiale beweging vir gelykheid. ‘n Toegewyde […]
Brave Warriors speel 0-0 gelykop met Kameroen
Namibië se Brave Warriors het met 0-elk gelykop gespeel teen die sterk Kameroen-span in hul Groep J Afcon-kwalifiserende wedstryd by die Orlando-stadion in Soweto. Die span het nie vir die Afrika Nasiesbeker gekwalifiseer nie omdat hy al vier van sy vorige wedstryde verloor het. Die Warriors speel hul laaste groepwedstryd op 19 November teen Kenia […]
Verkiesingskommissie onder skoot in Keetmans
Spesiale stemme in die verkiesing word vandag uitgebring by die 35 Namibiese diplomatieke missies in die buiteland, en ook by 33 stemlokale regoor die land. Ter plaatse kom die Namibiese Polisie, Namibië Korrektiewe Dienste, Namibië Weermag, en seegaande personeel in aanmerking vir spesiale stemme weens die aard van hul werk. Sowat 8 000 kiesers het […]
NamRA se terugbetalings haak vas weens onvolledige rekords
NamRA is besig om 75,1 miljoen Namibiese dollar aan 50 804 belastingbetalers terug te betaal, met bedrae wat wissel van 100 dollar tot 3 000 dollar. ‘n Derde groep terugbetalings, wat meer as 200 miljoen dollar beloop en krediet van tussen 101 dollar en 100 000 dollar dek, is vir later die maand geskeduleer. Hierdie […]
Te veel olifante het ‘n negatiewe impak: Kamanjab-boer
Die omgewingsministerie is steeds besig met die uitdun van meer as 723 stuks wild, insluitend 83 olifante, om droogtegeteisterde inwoners van vleis te voorsien. Tot dusver het die ministerie 43 olifante van kant gemaak, met planne om nog 15 in die Kamanjab-, Khorixas- en Omajete-areas te jag. Daar is berigte dat van die beroepsjagters wel […]
Raad van Kerke fokus op verkiesing
Die Raad van Kerke in Namibië het vanoggend ‘n vergadering gehou met die leiers van verskeie politieke partye, saam met ‘n Nasionale Dag van Gebed vir die komende nasionale verkiesing. Dit val ook saam met die spesiale stemme wat vandag uitgebring word. Die raad se president, Enoch Sakama, is aan die woord.
Binnelandse sake gebruik selfone vir werk, Amushelelo
Die binnelandse sake-ministerie verwerp ten sterkste uitsprake wat die politieke aktivis Michael Amushelelo gemaak het ten opsigte van ‘n personeellid se optrede. Amushelelo het ‘n personeellid gekritiseer omdat hy kortliks ‘n selfoon tydens werk gebruik het, maar die ministerie verduidelik dat personeel dikwels fone gebruik vir wettige, werkverwante doeleindes—soos om kliënte terug te bel, dokumente […]
Privaatsektor moet afleggings staak: Cosatu
Cosatu sê die werkloosheidsyfer se effense daling van 33,5-persent tot 32,1-persent, word verwelkom nadat werkloosheid drie agtereenvolgende kwartale gestyg het. Sowat 294 000 meer mense het in vanjaar se derde kwartaal werk gehad. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkloosheid onder jongmense bly gevaarlike hoog. Hy sê die privaat sektor moet die vlaag afleggings staak en alternatiewe […]
Niger soek Russiese beleggings in uraan, ander hulpbronne
Die minister van Mynbou in Niger, Ousmane Abarchi, wil hê Russiese ondernemings moet belê in die produksie van uraan en ander natuurlike hulpbronne, te midde van ‘n voortgesette dispuut met die gewese koloniale meester, Frankryk. Die Franse kerngroep Orano het verlede maand uraanproduksie in Niger gestaak nadat verhoudings versuur het met die militêre junta wat […]