Fury beloof uitklophou wanneer hy en Usyk weer baklei
Die Brit Tyson Fury is vol vertroue vir ‘n uitklop-oorwinning oor Oleksendr Usyk van Oekraïne in hulle herontmoeting in Saoedi-Arabië op 31 Desember. Fury het in Mei deur ‘n nie-eenparige beslissing teen Usyk verloor, maar mik nou daarna om die WBC-titel te herower. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê hy erken dit was ‘n regverdige […]
Verspreidingsnetwerk pooitjie energie-doelwitte
Die Elektrisiteitsbeheerraad se slimnetwerk-beleid van 2019 bepaal dat Namibië ten doel het om die gebruik van hernubare energie te verhoog om sy ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Energieminister Tom Alweendo het gepraat oor die land se energiedoelwitte om visie 2030 te bereik by die 9de uitgawe van die Namibië Elektrisiteitsvoorsieningsbedryf-forum in Otjiwarongo. Die vergadering was gesentreer rondom […]
Numsa takel Denel oor werkers se lyding
Die metaalwerkersvakbond Numsa het ‘n plakkaatbetoging by Denel se kantore in Centurion, Gauteng, gehou omdat bestuur die afgelope vyf jaar al weier om salarisverhogings toe te staan. Die vakbond skryf dit toe aan die regering se poging om die wapenvervaardiger te privatiseer. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola beweer werkers is toenemend onder druk weens salaris-agteruitgang wat talle […]
Frelimo wen weer Mosambiek-verkiesing
Mosambiek se regerende party, Frelimo, het die land se verkiesing gewen, het die verkiesingskommissie aangekondig. Daniel Chapo sal president Filipe Nyusi vervang, wat twee termyne gedien het. Op 47 jaar oud sal Chapo, wat 71 persent van die stemme gekry het, die eerste president wees wat ná Mosambiek se onafhanklikheid in 1975 gebore is. Sy […]
Kolisi skuif na nommer 8 vir Haaie teen Munster
Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, begin Saterdag in die nommer 8-trui vir die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Munster in Durban. Afrigter John Plumtree het hom van steelkantflank na agsteman verskuif in die plek van Phepsi Buthelezi, wat op die bank begin, met James Venter en Vincent Tshituka die flanke. In die agterlyn vervang […]
Namibië se PstBet op pad na DRK
PstBet, ‘n Namibiese sport-weddenskap maatskappy, is gemagtig om die Demokratiese Republiek van die Kongo-mark te betree, nadat hy in Augustus met sy werksaamhede in Botswana begin het. Die maatskappy sal betrokke wees by aanlyn sportweddenskappe en aanlyn virtuele digitale speletjies, volgens die DRK-goedkeuring. PstBet, wat deur jong Namibiërs gestig is en besit word, is ‘n […]
Boerdery-diversifikasie? Daar’s ander probleme: kenner
Karas-goewerneur Aletha Frederick het onlangs gesê boere moet toenemend hul bedrywighede moderniseer, herbelyn en diversifiseer, veral in die lig van die langdurige droogte wat landbou regoor die land erg skade aangedoen het. Sy het by die Hervestigingsboeredag in Keetmanshoop haar tevredenheid uitgespreek dat die boere ‘n platform en ‘n dag van hul eie geskep het […]
Honderde miljoene rande vir SA kankerpasiënte nie bestee
Die DA in Gauteng sê hy sal voortgaan om druk toe te pas dat privaat gesondheidsorg dringend betrokke raak om kankerpasiënte in staatshospitale se lewens te red. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het onthul dat 2 652 kankerpasiënte op die waglys vir bestralingsterapie is, maar ten spyte daarvan is 511-miljoen Suid-Afrikaanse rand van die […]
National Geographic onthul 25 beste reis-plekke
Die tydskrif National Geographic het die 25 beste plekke ter wêreld vir reise in 2025 onthul. Dit sluit in Guadalajara in Mexiko, wat gewild is vir sy mariachi-fees, Haida Gwaii, wat ‘n reeks eilande aan die kus van Brits-Colombia is, en Bangkok om die 17-de eeuse Boeddhistiese tempel Wat Chaiwatthanaram te besoek. Die Ierse stad […]
Bulle skop VRK-naweek teen Benetton in Treviso af
Rugby: Die Bulle speel môreaand in Treviso, Italië teen Benetton aan die begin van die naweek se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryde. Afskoptyd is om 8:35. Saterdagmiddag verwelkom die Stormers die Glasgow Warriors op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch, terwyl die Haaie en Munster mekaar die stryd op Kingspark in Durban sal aansê. Later sal die top-twee spanne […]