Korridor-groep maak klinieke oop op Kongo-roete
Die Walvisbaai Korridor-groep gaan welstandklinieke langs die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor oopmaak. Die klinieke het ten doel om toegang tot noodsaaklike gesondheidsdienste vir vragmotorbestuurders, oorgrenshandelaars en plaaslike gemeenskappe wat op die noodsaaklike handelsroetes staatmaak, te verbeter. Die klinieke sal kritieke gesondheidsdienste verskaf, insluitend MIV-Vigs-toetsing, behandeling, berading, primêre gesondheidsorg en verwysings, asook inligting en opvoeding oor padveiligheid en goeie […]
SA se 16 dae-veldtog goedgekeur
Die buurland se Kabinet het vanjaar se veldtog vir 16-dae van aktivisme teen geslagsgeweld goedgekeur. Die veldtog van 25 November tot 10 Desember is daarop gemik om bewustheid te kweek en gemeenskapsbetrokkenheid te verhoog om geweld teen vroue en kinders te voorkom. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, het aan die media gesê die […]
Aanklaers vra tronkstraf vir Marine le Pen
Aanklaers in Parys het die howe versoek om die leier van die verregse National Rally, Marine le Pen, aan bedrog skuldig te bevind, haar tot vyf jaar tronkstraf te vonnis, en haar te verbied om vyf jaar in ‘n openbare pos te dien. Sy en 24 ander senior partyverteenwoordigers word aangekla van geldverduistering wat verband […]
Billie Jean King-bekertoernooi vervroeg oor reën in Spanje
Die eerste wedstryd van die Billie Jean King-bekertoernooi in Málaga tussen die gasvrou, Spanje, en Pole gaan nou môre gespeel word nadat ‘n rooi weerwaarskuwing uitgereik is vir uiterste reën en oorstromings in dele van die land. Dit volg nadat meer as 200 mense dood is in onlangse oorstromings wat beskryf is as die ergste […]
NamRA betaal weer uit
NamRA sê hy sal teen einde November meer as 200 miljoen Namibiese dollar se terugbetalings aan kwalifiserende belastingbetalers verwerk en uitbetaal met bedrae wat wissel van 101 tot 100 000 dollar. Daar was egter vertragings ondervind met terugbetalings van rondom 61 000 dollar aan net meer as 31 000 belastingbetalers weens onvolledige belastingopgawes of bankbesonderhede […]
Biodinamiese boerdery onder die loep
’n Biodinamiese-boerdery opleidingskursus word Saterdag op die plaas Krumhuk aangebied. Deelnemers sal die holistiese benadering tot landbou ondersoek, wat die onderlinge verbondenheid van grond, plante, diere, die kosmos en mense binne die plaas-ekosisteem beklemtoon. Die fasiliteerders is Ulf Voigts, Charlene Makondora en Aina Hauwanga. Kosmos 94.1 Nuus het met Ulf Voigts, wat volgens biodinamiese beginsels […]
SA se vervaardigingsyfers daal, motorbedryf sukkel
Statistieke Suid-Afrika sê die buurland se vervaardigingsuitsette het in September met 0,8-persent gedaal, hoofsaaklik weens swak prestasie in die motorbedryf. Dit is die tweede maand dat uitsette afneem na ‘n daling van 1,2-persent in Augustus. Nicolai Claassen van StatsSA sê die produksie van motorvoertuie, onderdele en vervoertoerusting het met 18,7-persent gedaal, wat ‘n beduidende deel […]
Magic Circle wil vrou wat in ’91 afgedank is opspoor en jammer sê
Die Magic Circle in Brittanje vra hulp om ʼn vrou op te spoor wat meer as drie dekades gelede uitgeskop is omdat sy haarself as ‘n man voorgedoen het om tot die toorkunsvereniging toegelaat te word. Die organisasie het op daardie stadium net mans toegelaat. Hulle wil Sophie Lloyd nou om verskoning vra nadat sy […]
Kalimbeza se N$8m is vir konsultant
Die Kalimbeza-rysprojek, waaraan 8 miljoen Namibiese dollar bewillig is op Onafhanklikheidsdag, trek steeds swaar. Volgens projekbestuurder Patrick Kompeli het hulle nog nie die geld gekry nie, dus kan hulle nie die toerusting koop wat hulle dringend nodig het nie. Hulle het 33 hektaar aangeplant maar net vier trekkers en een oesmasjien werk. Kosmos 94.1 Nuus […]
EFF sê hy weet hoeka van Jordaan
Die EFF sê hy het lankal die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se president, Danny Jordaan, as ʼn korrupte ANC-kader in die vereniging geïdentifiseer. Jordaan en twee ander word aangekla van bedrog en diefstal wat verband hou met die wanaanwending van 1,3-miljoen-rand. Die EFF vra ʼn deeglike en onafhanklike ondersoek na SAFA se finansies tydens Jordaan se termyn. […]