Turkye loods lugaanvalle op PKK in Sirië, Irak
Turkye het lugaanvalle teen vermeende Koerdiese militante teikens in Sirië en Irak geloods nadat hulle die Kurdistan Workers’ Party (PKK) blameer het vir ‘n dodelike aanval op die hoofkwartier van die Turkse nasionale lugvaartmaatskappy. Vyf mense is in die aanval dood. Turkye se Nasionale Intelligensie-organisasie het gesê dit het talle “strategiese plekke” geteiken wat deur […]
Proteas wen eerste Bangladesj-toets met 7 paaltjies
Krieket: Kagiso Rabada en Kyle Verreynne was Suid-Afrika se helde in hulle oorwinning met sewe paaltjies oor Bangladesj in die eerste toets in Mirpur. Verreyne het die Proteas in hulle eerste beurt gelei tot ‘n voorsprong van 202 lopies met ‘n blitsige honderdtal nadat die gashere uitgeboul is vir net 106. Rabada het toe ses […]
Grove Mall maak in 10 jaar reuse bydrae
Atterbury, die eienaar van Grove Mall, het onthul dat die winkelsentrum oor die afgelope dekade meer as 18 miljard Namibiese dollar in gerapporteerde omset gegenereer het, terwyl dit werk verskaf aan 1 576 individue regoor die winkelsentrum se afsetpunte. Die sentrum is nou tien jaar oud en het sy deur op 23 Oktober 2014 amptelik […]
SA se sekerheidbedryf oortree reëls
Die Departement van Indiensneming en Arbeid sê die privaat sekerheidsbedryf staan voor groot probleme, soos die onderbetaling van lone en uitbuiting van werkers. Die sektor sukkel met die aanstelling van ongedokumenteerde werkers en die nienakoming van arbeidswette, insluitend die versuim om voordele soos betalings aan die Werkloosheidsversekeringsfonds asook bydraes vir die voorsorgfonds te betaal. Die […]
VN is vandag 79 jaar oud
Verenigde Nasies-dag word vandag herdenk. Dit is vandag 79 jaar gelede wat die VN amptelik geskep is in 1945. Die sekretaris-generaal Antonio Guterres, wat vandag besoek aflê in Rusland en met president Vladimir Putin sal vergader, het weer ‘n beroep gedoen vir vrede in die Midde-Ooste.
Griekse kastaaiings loop deur onder hitte
In Griekeland, een van die wêreld se grootste kastaiingprodusente,, is daar reuse-uitdagings as gevolg van versengende hitte en droogte. Uitset sal in sommige gebiede met meer as 90 persent daal omdat die neute nie ryp geword het nie. Die kastaiingoes in Griekeland sal na verwagting in 2024 tot ongeveer 15 000 ton daal weens die […]
Wees uiters versigtig met verkiesingsverwante inligting
Fopnuus plasings doen al hoe meer die rondtes op sosiale media. Begin Oktober is ‘n vals brief gedeel waarvolgens Swapo sekretaris-generaal Sophia Shaningwa 1 miljoen Namibiese dollar belowe het aan die Verkiesingskommissie. Swapo het ‘n persverklaring uitgereik om homself te distansieer van die brief. Meer onlangs het die Landless People’s Movement ook deurgeloop. Kosmos 94.1 […]
Kommer oor TB in myne
Die hoof van die Kamer van Mynwese Veston Malangu het beken dat Namibië nie die teenwoordigheid van tuberkulose in die land se myne ernstig opneem nie. Volgens Malangu draai mynmaatskappye weg van die probleem en toets nie genoeg nie. Die Kamer het volgens hom ook nie genoeg aandag daarop gevestig nie. Hy sê dit is […]
Ekonoom vra of dit wys is om by BRICS aan te sluit…
Die BRICS-beraad word in Kazan deur Rusland aangebied en kom vandag tot ‘n einde. Die uitbreiding van die groep, die skep van ‘n gemeenskaplike BRICS-geldeenheid, ekonomiese samewerking en globale uitdagings is bespreek. Die beraad kan aansienlike implikasies inhou vir die globale politieke en ekonomiese orde. Suid-Afrika is deel van BRICS, maar nog nie Namibië nie. […]
Krane bly oop in die noordweste
NamWater sê in ‘n verklaring daar is geen waarheid aan gerugte dat daar binnekort ‘n reuse-onderbreking in die Cuvelai-gebied, in noordwes Namibië sal voorkom. Die inligting is wyd versprei en het paniek veroorsaak. Die maatskappy sê daar is geen tekort aan watervoorsiening na verbruikers in die gebied nie en daar is ook geen planne vir […]