Liebenberg-egpaar bly agter tralies 

Die diamanthandelaar Louis Liebenberg en sy vrou, Dezzi, bly nog vir die volgende week agter tralies oor ‘n beweerde bedrogspul met diamantbeleggings van 4 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die Landdroshof in Bronkhorstspruit, Gauteng het borgtog wat wissel tussen 20 000 tot 100 000 rand toegestaan aan drie medebeskuldigdes, Magdelena Kleynhans, Helena Schulenburg en Walter Niedinger. Die […]

Read More

Charles erken pynlike verlede van Britse Ryk 

Koning Charles sê hy verstaan dit wat hy as pynlike aspekte van die Statebond se verlede beskryf, resoneer steeds met inwoners. Die Britse Ryk het nie beste rekord in die wêreld nie. Die koning is op besoek aan Samoa en het  Statebond se vergadering van regeringshoofde toegespreek. 

Read More

Pieper gesels oor plaaslike borsmelkbank

Sedert 2019 bied die Namibië Borsmelkbank ’n veilige ruimte vir skenkermoeders om borsmelk te verskaf aan premature babas of babas onder 1,5kg wie se moeders tydens bevalling gesterf het, in die intensiewe sorgeenheid is of nie genoeg melk kan produseer nie. In die lig van hierdie uitdaging word melk geskenk. In September alleen is meer […]

Read More

Amper 60% soek werk, waar’s die amptelike NSA-syfers?

‘n Afrobarometer ontleding toon dat 60 persent van Namibiërs bo die ouderdom van 18, wat graag wil werk, vanjaar werkloos is. Voltydse werkers het vanjaar gedaal na net bo 30 persent met deeltydse werkers wat ook afgeneem het na ongeveer 16 persent. Die Namibiese Statistieke-agentskap het sedert 2018 geen werkloosheidsyfers bekend gemaak nie. Kommentators meen […]

Read More

Inflasie sal wel stadiger daal soos Wêreldbank voorspel

Die Wêreldbank projekteer dat globale groei sal stabiliseer op 2,6 persent vanjaar, en in die volgende twee jaar sal styg tot 2,7 persent weens beskeie groei in handel en belegging. Globale inflasie sal afkoel maar stadiger as wat verwag is, na gemiddeld 3,5 persent vanjaar. Rentekoerse behoort hoog te bly gegewe voortgesette inflasionêre druk. Kosmos […]

Read More

Al 21 politieke partye teken stembrief ontwerp af

Die Namibiese Verkiesingskommissie sê al die partye, ook die PDM, Republikeinse Party en die Christian Democratic Voice, wat nie afgevaardigdes na Johannesburg gestuur het nie, het wel die ontwerpte stembriewe afgeteken. Die kommissie sê dus, die stembriewe wat tans gedruk word, is deur al 21 partye wat aan die verkiesings deelneem, afgeteken. Op die oomblik […]

Read More

LA se aanklaer gaan aan hof beveel om Menendez-broers te hervonnis

Die Los Angeles-distriksaanklaer, George Gascón, sal aanbeveel dat Erik en Lyle Menendez weer deur ʼn regter gevonnis word, en dus op parool vrygelaat word. Die broers is meer as drie dekades gelede skuldig bevind aan die moord op hul ouers. Hulle dien ʼn lewenslange vonnis sonder moontlikheid van parool in Kalifornië uit. Gascón sê nuwe […]

Read More

Stad weerlê gerugte oor hospitaalgrond

Die herrie is los oor die nuwe distrikshospitaal in Windhoek wat in Mei vanjaar amptelik van stapel gestuur is. Stad Windhoek het die week ‘n kennisgewing vir besware geadverteer, waaronder die stuk grond, ter waarde van amper 19 miljoen dollar. Dit het talle aantygings veroorsaak maar, die Stad sê dit is ‘n standaard wetlike vereiste. […]

Read More

Persraad skop Independent Media uit

Die Persraad het Independent Media uitgeskop omdat hulle weier om aan beslissings te voldoen, insluitend die terugtrek van ‘n rubriek wat die joernalis, Karyn Maughan, met ‘n Nazi-propagandis vergelyk. Ten spyte van ‘n opdrag om verskoning te vra, het die groep aan die Raad onttrek. Voorsitter, regter Fritz Brand, sê die verset is onaanvaarbaar. Adjunkvoorsitter, […]

Read More

Trump sal Smith afdank, sou hy wen

Donald Trump het Donderdag gesê hy sal beveel dat die spesiale advokaat, Jack Smith, onmiddellik afgedank word indien hy as president herkies word. Dit was die duidelikste uitdrukking nog van sy voorneme om die twee kriminele sake teen hom stop te sit sou hy wen. Hy was in gesprek met die konserwatiewe potgooi-gasheer Hugh Hewitt. […]

Read More