Doen nou weer aansoek vir SA se Covid-hulpskema

Die Werkloosheidsversekeringsfonds in Suid-Afrika het die nuwe fase van die Covid-19 Tydelike Werkgewer-Werknemer Hulpskema geopen. Die jongste geleentheid vir aansoeke is van toepassing op sektore waar dit onmoontlik was om deeltyds, of enigsins, te werk na die vlak vier inperkingsmaatreëls wat op 27 Junie aangekondig is. Die werkverskaffing-spesialis van ENS Africa, Lauren Salt, sê maatskappye […]

Read More

Repokoers sal weer styg en paaiemente raak

Reaksie word steeds op die Suid-Afrikaanse repokoers ontvang. Dit is onveranderd gelaat op 3,5 persent. Maar, kliënte met huislenings word daaraan herinner dat voorspellings vir ‘n opwaartse aanpassing in koers word vir die vierde kwartaal van die jaar gemaak wat paaiemente in die huidige moeilike tye sal beïnvloed. Mfundo Mabaso, van Eiendomsfinansiering by FNB in […]

Read More

Nog Angolese vlugtelinge word verwag

Angolese wat in die provinsies van Cunene en Huíla bly is veral erg deur die langdurige droogte getref. Die afgelope reënseisoen was abnormaal droog en die droogtesituasie gaan die komende maande vererger. In Mei vanjaar het reeds meer as 7 000 Angolese weens die droogte na Namibië gevlug en getalle styg. Die kommissaris van vlugtelinge, […]

Read More

Renostersindikaat-baas en makker verskyn weer vandag

Die twee mans wat in hegtenis geneem is vir die onwettige besit en verkoop van renosterhorings in Mpumalanga, verskyn vandag in die Mbombela-landdroshof om vir borgtog aansoek te doen. Die Valke het gister die 48-jarige eienaar van ‘n safari-onderneming, Schalk Steyn, en ‘n wildboer van Limpopo, Dawid Groenewald, in hegtenis geneem terwyl hulle glo 19 […]

Read More

SPYL sê NSFAF moet hersien word

Die Swapo jeugliga sê die struktuur en salarisstaat van die Namibiese studente hulpfonds moet dringend hersien word. Die liga se sekretaris-generaal Ephraim Nekongo sê die organisasie se prosesse moet meer vaartbelyn wees om hom meer doeltreffend te maak. Nekongo sê salarisse by die instansie behoort ook nie op korperatiewe vlakke wees nie, veral omdat die […]

Read More

Jacinda skort reisborrel op

Die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, het aangekondig dat die trans-Tasmaniese borrel met Australië vir twee maande opgeskort word weens die hoogs aansteeklike Covid-19 Delta-variant. Die borrel het inwoners van die twee lande toegelaat om oor en weer te reis sonder om vir ‘n verpligte tydperk in afsonderingshotelle te bly. Ardern sê die Delta-variant […]

Read More

Omuthiya-entrepreneurs hoor vanaand oor toelaag

Entrepreneurs in Namibië wat deelgeneem het aan die Pitching For Resilience toelaagprogram in Omuthiya in die Oshikoto-streek, sal vanaand weet of hulle ‘n toelaag vir hulle besigheidplan sal ontvang of nie. Die program word deur SMEs Compete gedryf met ondersteuning van Duitsland. Danny Meyer van SMEs Compete het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Landbou neem Kunene-onderhandelings oor

Die Namibiese kabinet het beslis dat die Namibiese afvaardiging vir die permanente gesamentlike komitee op die Kunene-rivier deur die ministerie van landbou, water en bosbou beheer word. Die voorsitterskap sal ook na die ministerie toe oorgedra word. Die komitee was voorheen deur die ministerie van myne en energie behartig, veral in verband met die Baynes-hidroëlektriese […]

Read More

Charlize neem deel aan PSG se Think Big-webinaar

Die Hollywood-ster Charlize Theron sal saam met ander Suid-Afrikaners deelneem aan PSG se Think Big-webinaarreeks. Die ander sprekers in die reeks, wat bestaan uit vier geleenthede, is die uitvoerende hoof van Capitec, Gerrie Fourie, die voormalige politikus Roelf Meyer en die stigter van Beyond Binary, Mike Stopforth. PSG se bemarkingshoof, Tracy Hirst, sê die reeks […]

Read More

Toelaag sal armoede verlig, demokrasie beskerm

Defend Democracy SA sê hy stem saam met President Cyril Ramaphosa dat die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng ‘n aanslag was op die land se demokrasie. Die waarnemende minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het Ramaphosa se verklaring herhaal, oor hoe die onrus demokrasie bedreig. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Zelda Holtzman, sê die daarstelling […]

Read More