Charlize neem deel aan PSG se Think Big-webinaar

Die Hollywood-ster Charlize Theron sal saam met ander Suid-Afrikaners deelneem aan PSG se Think Big-webinaarreeks. Die ander sprekers in die reeks, wat bestaan uit vier geleenthede, is die uitvoerende hoof van Capitec, Gerrie Fourie, die voormalige politikus Roelf Meyer en die stigter van Beyond Binary, Mike Stopforth. PSG se bemarkingshoof, Tracy Hirst, sê die reeks bied toonaangewende stemme in hul onderskeie sektore wat aangrypende kwessies, soos vroue in leierskap, sal bespreek. Dit begin volgende Dinsdag en eindig op die sewende September.