Nog Angolese vlugtelinge word verwagJuly 23, 2021
Angolese wat in die provinsies van Cunene en Huíla bly is veral erg deur die langdurige droogte getref. Die afgelope reënseisoen was abnormaal droog en die droogtesituasie gaan die komende maande vererger. In Mei vanjaar het reeds meer as 7 000 Angolese weens die droogte na Namibië gevlug en getalle styg. Die kommissaris van vlugtelinge, Likius Valombola het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê na verwagting gaan die invloei van Angolese immigrante nog verhoog.