Zuma-stigting sal konsulteer oor sy regskoste

Die Jacob Zuma-stigting het bevestig dat die voormalige Suid-Afrikaanse President ‘n beëdigde verklaring aangaande sy regskoste gedurende sy bewind, van die kantoor van die staatsadvokaat ontvang het. Die adjunk-staatsadvokaat, Isaac Chowe, het aan die hooggeregshof in Pretoria gesê die regering het meer as 18,2 miljoen Namibiese dollar bestee aan Zuma se korrupsie-saak oor die omstrede […]

Read More

Karas: dis die stand van sake

Werkloosheid in die Karas-streek is ‘n daadwerklike uitdaging veral omdat daar min ontwikkeling is. Informele handelaars en entrepreneurs moet self sien kom klaar om inkomste te verdien. Die goewerneur van die streek Aletha Fredericks het vanoggend haar streeksrede gelewer en sê haar amptenare poog om geleenthede vir veral informele handelaars te skep. Landbou is ook […]

Read More

Binnelandse sake brei uit oor prysverhogings

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het meer inligting bekend gemaak oor die verhoging van tariewe vir dienste by die ministerie. Dit volg na koerant berigte in die verband. Die skakelbeampte van die ministerie Margaret Kalo het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.

Read More

Da Vinci se nasate gesoek

Navorsing deur die Leonardo da Vinci-DNS-projek het onthul dat 14 mense wat vandag lewe moontlik afstammelinge van die Renaissance-meester kan wees. Die projek se navorsers, Agnese Sabato en Alessandro Vezzosi, het aan Amerikaanse media gesê die individue is tussen een- en 85-jaar oud. Hulle bevindings is gegrond op ‘n nuwe stamboom met 21 geslagte en […]

Read More

24% van Covid-toetse vandag positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het 49 Covid-sterfgevalle in nege distrikte aangekondig, asook 609 nuwe gevalle uit 2 505 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 24 persent is. In die groep is 45 leerders, 11 onderwysers, ses studente en 15 gesondheidswerkers. Daar is nou 21 523 aktiewe gevalle, waarvan 537 pasiënte in hospitale is en 116 in […]

Read More

Dis bibberkoud in die Suide…

Dis bitter koud regoor die streek met berigte van sneeu in die Karoo en elders. Namibië se verre Suide is ook bibberkoud op die oomblik soos Dolf de Wet van die plaas Michberg naby Grünau verduidelik.

Read More

Verpleërsvakbond kry geen antwoord van ministerie nie

Die Namibiese verpleërsvakbond het op 21 Julie ‘n brief aan die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie Ben Nangombe gerig om te vra dat sy lede, wat tans meer as 40 ure oortyd maandeliks werk, daarvolgens kan eis. Op die oomblik is die maksimum 40 ure se oortyd maandeliks. Die sekretaris-generaal van die vakbond Junias Shilunga […]

Read More

Kenner sê Kauta-aangeleentheid is baie kommerwekkend

Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah oor die aangeleentheid gepraat en hy sê dit is baie kommerwekkend. Hy het bygevoeg dat owerhede dringend ook kommentaar moet lewer sodat dit nie net die LPM en sy regslui is wat oor die kwessie praat nie.

Read More

‘Pistool’ in Kauta se sak was komplot om leiers te arresteer – LPM

Die LPM party voer aan dat die skandeerder in die gebou van die Nasionale Raad wat ‘n pistool getoon het toe hulle prokureur Patrick Kauta Dinsdag sy kliënte, Bernadus Swartbooi en Henry Seibeb, by die verhoor kom verteenwoordig het, so opgestel is om Swartbooi en Seibeb te arresteer. Daar was die afgelope tyd berigte dat […]

Read More

Mosiehof: meer as N$50m se eiendomme opgeëis

‘n Totaal van 133 aansoeke vir verstekvonnisse is vanoggend in die mosiehof in die hoofstad gebring. Die drie afsonderlike sessies is deur regters Thomas Masuku, Orben Sibeya en Nate Ndauendapo hanteer. Daar was 22 aansoeke met ‘n totale waarde van 20,9 miljoen Namibiese dollar op die reël 108 rol. In totaal het kommersiële banke vanoggend […]

Read More