Da Vinci se nasate gesoek

Navorsing deur die Leonardo da Vinci-DNS-projek het onthul dat 14 mense wat vandag lewe moontlik afstammelinge van die Renaissance-meester kan wees. Die projek se navorsers, Agnese Sabato en Alessandro Vezzosi, het aan Amerikaanse media gesê die individue is tussen een- en 85-jaar oud. Hulle bevindings is gegrond op ‘n nuwe stamboom met 21 geslagte en vier takke. Data is versamel uit geskiedkundige dokumente in openbare en privaat argiewe en direkte verslae deur afstammelinge van Da Vinci se familielede. Hy is in 1452 gebore.