Karas: dis die stand van sake

Werkloosheid in die Karas-streek is ‘n daadwerklike uitdaging veral omdat daar min ontwikkeling is. Informele handelaars en entrepreneurs moet self sien kom klaar om inkomste te verdien. Die goewerneur van die streek Aletha Fredericks het vanoggend haar streeksrede gelewer en sê haar amptenare poog om geleenthede vir veral informele handelaars te skep.

Landbou is ook belangrik vir die streek. Fredericks het die ondersteuning van die ministerie van landbou so uiteengesit.