Namibië word warmer, nes res van die wêreld

Wêreldwyd was die gemiddelde oppervlak lugtemperatuur in Oktober 0,8 grade Celsius bo die 1991-2020 gemiddelde vir die maand. Die gemiddelde oppervlak lugtemperatuur in Namibië was 23,9 grade Celsius in Oktober, 0,6 grade bo die Oktober 1991-2020 gemiddelde. Die grootste deel van die land het warmer temperature bo 23 grade aangeteken. Die noordelike dele van die […]

Read More

Droogte se verwoesting in graan-invoere gesien

Die waarnemende hoofveeartsenybeampte in die landbouministerie, dr. Johannes Shoopala, het die verwoestende gevolge van die droogte by die Bank Windhoek Landboureeks 2024 gedeel. Volgens Shoopala was mielie-invoere dubbel dié van verlede jaar. Die Nasionale Statistieke-agentskap het berig dat mielie-invoere in die tweede kwartaal 402,1 miljoen Namibiese dollar beloop het, koring-invoere 232,6 miljoen dollar en rys-invoere […]

Read More

Ontbinde zama-zama lyk uit Stilfontein-myn gehaal

Die ontbinde liggaam van ‘n onwettige mynwerker is uit die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal. Plaaslike vrywilligers het gehelp om die liggaam uit die skag te haal. Vyf mynwerkers is Woensdag gered. Meer as 4 000 onwettige mynwerkers is steeds vasgekeer met die polisie wat skynbaar die voorsiening van kos en water verhoed. Gemeenskapsleier Thembile Botman […]

Read More

Ngidi uit vir res van 2024 met liesbesering

Krieket: Die Protea-snelbouler Lungi Ngidi gaan die res van die jaar buite aksie wees weens ‘n liesbesering. Dit beteken hy gaan die tuis-toetsreeks teen Sri Lanka misloop, asook die Pakistan-toer vir al die formate van die spel. Die 28-jarige Ngidi sal ‘n rehabilitasieprogram deurgaan en behoort teen Januarie weer fiks te wees. Die toetskaptein, Temba […]

Read More

Kabinet sê ja vir Finansiële Aksie Taakspan-vergadering

Die kabinet het Namibië se aanbied van die Finansiële Aksie Taakspan Afrika / Midde-Ooste Gesamentlike Groep-vergadering in Swakopmund van 6 tot 11 Januarie 2025 goedgekeur. Hierdie belangrike vergadering sal die land se pogings om geldwassery en die finansiering van terrorisme teen te werk, bespreek en hersien. Die besluit weerspieël Namibië se verbintenis tot die versterking […]

Read More

KZN-premier pleit vir meer fondse

Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, het ‘n beroep op die nasionale regering gedoen vir begrotingsverligting en beklemtoon daar is beperkings op noodsaaklike dienste in die provinsie. Ntuli het die uitdagings uiteengesit wat die onderwys-, gesondheids- en maatskaplike ontwikkelingsektore mee te kampe het as gevolg van begrotingsbesnoeiings, en hoe dit dienslewering beïnvloed. Hy het die […]

Read More

Wêreld se grootste koraal leef in Stille Oseaan 

Wetenskaplikes het die grootste koraal wat nog aangeteken is, in die Salomonseilande in die suidwestelike Stille Oseaan gevind. Die mega-koraal is moontlik ouer as 300 jaar en groter as ‘n blouwalvis. Die koraal is ‘n spesie bekend as Pavona clavus en bied ‘n tuiste aan garnale, krappe, visse en ander seediere. Die ontdekking val saam […]

Read More

Rassie maak 12 veranderings vir Engeland

Rugby: Die Springbokke se opdrafspan teen Engeland toon 12 veranderings aan die span wat Skotland verlede naweek 32-15 geklop het. Slegs Eben Etzebeth, Ox Nché en Bongi Mbonambi bly oor. Die Bulle-stut Wilco Louw sluit aan by RG Snyman en die losvoorspelers Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit en Jasper Wiese in die beginspan. Grant Williams […]

Read More

Komaan mense, ondersteun ‘Kersboks vir ‘n Boervrou’!

Daar is nog net ses dae oor vir skenkings aan Droogtehulp Namibië se “Kersboks vir ‘n Boervrou”-projek, wat daarop gemik is om boervroue wat droogte-uitdagings in die gesig staar, se gemoedere te lig. Die projek vra skenkings van geskenkbokse gevul met items soos gebakte lekkernye, skoonheidsprodukte, huishoudelike benodigdhede en ontspanningsmateriale. ‘n Persoonlike boodskap van ondersteuning […]

Read More

Spesiale stemme ‘voorspel nie verkiesinguitslag’

Die spesiale verkiesing vir die polisie, weermag, seegaande personeel en Namibiërs in die diaspora is Woensdag afgehandel. Die resultate wys dat Swapo, die IPC en die Affirmative Repositioning-beweging die partye is wat voorloop. Swapo het 61 persent van die stemme gekry, die IPC 27 persent en AR 12 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More