Niks sal EFF verwoes nie, nie eers Zuma nie
Die EFF-leier, Julius Malema sê hy is nie geïntimideer of bang vir die voormalige president en MK-partyleier Jacob Zuma nie, en hy voeg by hy is gereed om te veg. Dit volg na die uittog van vooraanstaande EFF-lede na die MK-party, insluitend die voormalige adjunk-president, Floyd Shivambu. Malema sê in ‘n party-potgooi daar is geen […]
Somaliland stem terwyl eerste erkenning binne bereik is
Kiesers in Somaliland het gestem in ‘n tyd wanneer die wegbreek streek internasionale erkenning binne bereik het ná drie dekades van de facto selfregering. Somaliland, wat ‘n strategiese ligging op die kruising van die Indiese Oseaan en Rooi See beklee, het in 1991 onafhanklikheid van die Mogadisjoe-regering verklaar. Dit is nie deur enige land erken […]
Dolly belê miljoene in bib, sodat kinders kan lees
Die legendariese sanger, Dolly Parton, se Dollywood-stigting het meer as 800 miljoen Namibiese dollar in die Nashville Openbare Biblioteek belê om sy nuwe vroeë-geletterdheidprogram, Begin Bright, ʼn hupstoot te gee. Die program sal help dat elke kind in Nashville op ʼn vroeë ouderdom begin lees. Volgens die Nashville Public Library Foundation, is hierdie belegging die […]
Ombud sê oor uitbuiting in nuwe egskeidingswet
Ombudsman Basilius Dyakugha het die nuwe Wet op Ontbinding van Huwelike verdedig, wat onder kritiek deurgeloop het vir die moontlike aanmoediging van gerieflikheidshuwelike, en valse beskuldigings van mishandeling of owerspel. Die wet bepaal dat gades wat by wangedrag betrokke was hul deel van die huweliksbates kan verloor, met die hof wat die erns van hul […]
Die sportministerie is nie ernstig nie…
Die langverwagte opdatering oor Namibië se nasionale sokkerinfrastruktuur-opgradering is onverwags deur Nicolas Tembwe, waarnemende uitvoerende direkteur van die sportministerie gekanselleer – omdat die adjunkminister Emma Kantema-Gaomas en ander ministerie-amptenare, wat nie teen tien-uur opgedaag het nie. Media het amper ‘n uur gewag voor dit gekanselleer is. Op die oomblik word daar ongeveer 1,6 miljoen Namibiese dollar […]
Agribank sleep Deodat Dirkse hof toe
Agribank dagvaar die sekretaris-generaal van die Nama Tradisionele Leiersvereniging Deodat Beukes en sy vrou Annetha vir net minder as 276 000 Namibiese dollar vir ‘n 2004-lening van 266 500 dollar om porsie een van plaas Neckartal in die Suide te koop. Die bank sê betalings is nie gemaak nie en vra vir ‘n summiere vonnis. […]
Kambala sê oor AR se goeie vertoning, veral omdat hy ‘n newbie is
Die uitslae van die spesiale stemmery toon dat drie partye oor die algemeen voorloop – Swapo, die IPC en die Affirmative Repositioning-beweging. Job Amupanda vertoon oor die algemeen beter as die PDM en LPM se leiers al is die party nuut geregistreer. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala van die beweging gesels.
John Krasinski is sexyste man op aarde
Die Hollywood-akteur, skrywer en regisseur, John Krasinski, is aangewys as People Magazine se Sexiest Man Alive vir 2024. Hy neem oor by Patrick Dempsey wat verlede jaar die kroon gedra het. Mel Gibson was die eerste draer van die titel wat reeds die afgelope 40 jaar toegeken word. Ander ontvangers sluit in Brad Pitt, George […]
CDV gesels oor deregistrasie, aantygings
In Oktober vanjaar het die hoërhof die Verkiesingskommissie van Namibië se deregistrasie van die Christian Democratic Voice en die Namibia Economic Freedom Fighters tersyde gestel. Die deregistrasie was omdat die partye nie hulle geouditeerde finansiële state aan die kommissie voorgelê het nie, soos vereis ingevolge die Kieswet. Daar was ook bewerings in plaaslike media dat […]
Rekord-vrystellings vanjaar verwag
Die Global Carbon Project se verslag waarsku besoedeling deur olie, steenkool en gas, asook vrystellings weens ontbossing, maak klimaatsdoelwitte onhaalbaar. Wêreldwye fossielbrandstof-vrystellings sal na verwagting in 2024 ʼn rekord van 37,4-miljard metrieke ton bereik. Dis 0,8-persent hoër as verlede jaar en kenners beweer dit plaas ʼn demper op hoop dat dit sal afneem. Terwyl vrystellings […]