Registrasie vir voorwaardelike BIG onderweg

Die lynministerie is tans besig met die registrasie van begunstigdes van die voorwaardelike basiese inkomste-toelaag. Die program word tans in stedelike gebiede uitgerol en behels 600 Namibiese dollar maandeliks. Kosmos 94.1 Nuus het met die armoede uitwissingsministerie se woordvoerder Lukas Haufiku gesels oor wie kwalifiseer en wat nodig is.

Read More

IPC gesels oor laaste pogings, planne vir die land

Politieke partye maak gereed vir hul laaste veldtog-byeenkomste voor die verkiesings. Hierdie naweek hou die Independent Patriots for Change hul finale veldtog in die Erongo-streek. Volgens ‘n advertensie van die IPC het dit al hoe moeiliker geword om besigheid te doen in Namibië, wat ‘n afname in werksgeleenthede tot gevolg het. By ‘n onlangse paneelbespreking […]

Read More

WWF het hulpmiddel teen omgewingsmisdaad

Die Wêreldwye Fonds vir Natuur het ʼn hulpmiddel bekendgestel om finansiële instellings te help om hul risiko vir blootstelling aan finansiële omgewingsmisdaad te bekamp. Omgewingsmisdaad is wêreldwyd die derde grootste onwettige aktiwiteit. Die instrument kan finansiële instellings help om nuwe kliënte te sif en bestaande kliënte weer na te gaan. Volgens WWF kan dit ook […]

Read More

Mia onttrek uit Mej. Heelal

Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, moes haar noodgedwonge aan die Mej. Heelal-kompetisie onttrek weens gesondheidsprobleme. Sy sê dit was uiters moeilik om hierdie besluit te neem want sy weet daar is drome en hoop op haar gevestig. Die Mej. Suid-Afrika Organisasie sê Le Roux het deur hierdie moeilike tydperk ongelooflike moed en grasie aan die […]

Read More

PDM sê oor informele nedersettings

Die Khomas- en Omaheke-streke het die grootste aantal plakkershutte in die land, met 46,9 persent van Windhoek se inwoners en 46,8 persent van Omaheke-inwoners wat in hutte woon. Hierdie belangrike kwessie het die aandag van die PDM getrek, wat herhaaldelik beklemtoon het dat indien hulle aan bewind kom, hulle beplan om die wydverspreide behuisingskrisis aan […]

Read More

Stallone klim uit MAGA-kas

Aksieheld en akteur Sylvester Stallone het uit die MAGA-kas geklim. Hy het by Mar-a-Lago, Donald Trump se Florida-landgoed, Trump voorgestel vir sy hoofrede by die America First Policy-instituut. Volgens Stallone is Trump die tweede George Washington. Washington se leierskap tydens die Amerikaanse rewolusie en die stigting van die land se Grondwet, sy onaantasbare karakter en […]

Read More

Aussies se Brett is hoof van Wêreldrugby

Australiese rugby staan dalk voor verskeie uitdagings maar hulle eie Brett Robinson is tot voorsitter van Wêreldrugby verkies. Die 54-jarige voormalige toetsflank en chirurg wat ʼn sakeman en sportadministrateur geword het, is die eerste permanente voorsitter van die globale beheerliggaam van buite Europa. Robinson was nege jaar lank op die raad van Rugby Australië en […]

Read More

Aanklaer-generaal moet oor jagter Hennings besluit 

 Philip Hennings sal op 23 April volgende jaar in die Katutura-landdroshof verskyn na sy dossier na die aanklaer-generaal gestuur is om klagtes te oorweeg en om te besluit waarop hy vervolg sal word indien wel. Daar is onbevestigde berigte dat klagtes in verband met finansiële ongerymdhede bygevoeg kan word tot die van onwettige jag van […]

Read More

Numsa skaar hom by die regte van LGBT-werkers 

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, het sy verbintenis tot die bekamping van diskriminasie in die werkplek op grond van geslagsidentiteit en seksuele oriëntasie herbevestig. Die vakbond neem deel aan die konferensie van die Internasionale Lesbiese, Gay-, Biseksuele, Trans- en Interseksvereniging in Kaapstad, wat vandag ten einde loop. Hulle sê alle werkers, ongeag hul identiteit, verdien beskerming. Numsa-woordvoerder, […]

Read More

RFK is Trump se keuse vir gesondheid 

Amerika se verkose president, Donald Trump, het Robert F. Kennedy Junior gekies om die Departement van Gesondheid en Humanitêre Dienste in sy tweede Withuis-administrasie te lei. Die entstof-skeptikus het in die 2024-presidentsveldtog as onafhanklike gestaan voordat hy Trump gesteun het. Die verkose president het Todd Blanche benoem as adjunk-prokureur-generaal. Blanche het Trump vroeër vanjaar in […]

Read More