Capricorn Bank is Bank van die Jaar 2024

Capricorn Bank het PSG Wealth Namibia se Bank van die Jaar-toekenning 2024 gewen. Die top-aanspraakmakers vir die toekenning sluit in Nedbank wat die vierde plek behaal het, Standard Bank in die derde plek, en FNB wat ​​tweede was. Die toekenning vergesel ‘n bankoorsigverslag deur PSG. Banke word beoordeel op grond van ses kategorieë, naamlik winsgewendheid, […]

Read More

Impact voltooi uitplasing van belange na TotalEnergies

Impact Oil & Gas het ‘n uitplasing van sy belange in blokke 2912 en 2913B aflandig Namibië se suidkus na TotalEnergies voltooi. Impact het ook ‘n kontantbetaling van sowat 99 miljoen Amerikaanse dollar ontvang om sy deel van die koste wat voor 1 Januarie vanjaar in die blokke aangegaan is, te dek. TotalEnergies het die […]

Read More

SA maak vordering met vrystelling van titelaktes

Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, sê werk vorder goed om probleme op te los wat die Titelakte-herstelprogram kniehalter. Sy het die Titelakte Vrydagveldtog begin om seker te maak begunstigdes ontvang titelaktes betyds. Kubayi sê sedert die begin van die veldtog is 60 246 titelaktes in al nege provinsies aan begunstigdes oorhandig.

Read More

Human Rights Watch beskuldig Israel van oorlogsmisdaad

Human Rights Watch sê Israel het toesig gehou oor die gedwonge massaverplasing van Palestyne in Gaza en hy beskou dit as ʼn doelbewuste en stelselmatige veldtog wat op oorlogsmisdaad en misdaad teen die mensdom neerkom. Sowat 1,9-miljoen mense is die afgelope 13 maande in Gaza verplaas. Human Rights Watch sê die Israelse regering sê hy […]

Read More

Tyson klim op 58 weer in die kryt, kry kritiek

Boks: Die gewese swaargewig-wêreldkampioen, Mike Tyson, word gekritiseer omdat hy op 58 weer na die kryt terugkeer. Die Amerikaner veg môre teen die 27-jarige Youtuber, Jake Paul, in ʼn Netflix-ondersteunde geleentheid in Arlington, Texas. Hulle pak mekaar in agt rondes van twee minute elk. Tyson het in 2005 laas as beroepsbokser geveg. Kritici beskryf die […]

Read More

Akkreditasie broodnodig vir onderwys-instellings

Die Namibië Kwalifikasie-owerheid versoek hoëronderwys- en onderwys-instellings asook opleidingverskaffers om doelbewuste stappe te doen om te verseker dat hulle geakkrediteer is. Dit is in die beste belang van beide opleidingsverskaffers en voornemende studente. Geakkrediteerde instellings trek studente, en die studente loop geen risiko om hul tyd en geld te mors nie. Die owerheid sal ook […]

Read More

Red 4 500 vasgekeerde zama-zama’s, pleit Giwusa

Die vakbond Giwusa eis die onmiddellike redding van onwettige mynwerkers wat ondergronds vasgekeer is in ‘n ongebruikte goudmyn in Stilfontein, Noordwes. Volgens die polisie is sowat vier-duisend-500 onwettige mynwerkers en verskeie liggame steeds ondergronds – terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en polisie toegang tot kos, water en basiese benodigdhede verhinder.. Giwusa se woordvoerder, Koketso Phasha, […]

Read More

Daar’s ‘n koala op my bed!

Koalas word gewoonlik in bloekombome aangetref, maar ‘n egpaar in Adelaide, Australië was geskok om een ​​in hul slaapkamer te ontdek. Dias en Brunno Rafina het van Brasilië na Australië verhuis en was stomgeslaan ná hul “slegs in Australië” ondervinding. Daar word in ‘n video gewys hoe die koala op die vloer sit en toe […]

Read More

Veiligheid opgeskerp vir Israel-Frankryk sokkerwedstryd

Sokker: Israel se afrigter, Ran Ben Shimon, vra sy spelers om net op die spel te konsentreer in vanaand se Nasiesbeker-wedstryd teen Frankryk in Parys. Ongekende veiligheidsmaatreëls is rondom die Stade de France getref na verlede week se geweld in Nederland toe die Israelse span Maccabi Tel Aviv teen Ajax Amsterdam gespeel het. Die Franse […]

Read More

NDF werf al weer

Die Namibiese Weermag beplan om in Maart volgende jaar 1 500 nuwe lede oor al 14 streke te werf deur die NDF-werwingsbeplanningskomitee. Die rekrute sal gedurende die 2024/25-boekjaar vir nege maande basiese opleiding by die weermag se opleidingsinstelling in Okahandja ondergaan. Belangstellende kandidate moet Namibiese burgers wees en moet tussen die ouderdomme van 18 en […]

Read More