Fritz dring deur na halfeindronde by ATP
Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, is deur na die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië. Die 23-jarige Sinner het op sy tuisgrond die Rus, Daniil Medvedev, met 6-3, 6-4 verslaan om bo-aan die Ilie Nastase-groep te eindig en Medvedev terselfdertyd uit te skakel. Die Amerikaner, Taylor Fritz, is intussen ook deur na […]
Kom weg van daardie rekenaar- en foonskerm
Meer tyd wat voor rekenaar- en foonskerms bestee word vererger gesondheidskwessies selfs onder gesonde mense. Jong volwassenes wat baie tyd voor skerms spandeer ervaar byvoorbeeld erger simptome van droë oë. Langdurige blootstelling aan skerms oor ‘n paar uur per dag, verhoog die risiko van migraine-agtige hoofpyne en ander sensoriese simptome. Algemene hoofpynklagtes is ook meer […]
Konstruksie-bedryf eis ook werkloosheidsyfers
Die Konstruksie Industrie-federasie eis in ‘n verklaring dat die werkloosheidsyfers onmiddellik deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel moet word. Die federasie se uitvoerende hoof Bärbel Kirchner sê daarsonder kan die sektor nie werk aan herstelplanne nie. Die sektor sukkel sedert 2016 eers met ‘n moratorium en toe daarna Covid-19. Volgens haar sal die syfers kritieke inligting […]
ECN sê oor uitslae na spesiale stemmery
Die spesiale stemme-rondte van die verkiesings is Woensdag afgehandel, met Namibiërs in die buiteland en personeel van die sekuriteitskluster asook seegaande werkers wat gestem het. Uitslae van die spesiale stemme is wyd op sosiale media versprei, waarvolgens Swapo 61 persent van stemme gekry het, gevolg deur die IPC met 27 persent en AR met 12 […]
Bipa reageer op vertraging-klagtes deur sake-eienaars
Kleinsake-eienaars is vies vir die Besigheids- en Intellektuele Eiendom-owerheid en sê dat vertragings in die verwerking van hulle voordelige eienaarskap-verklarings hulle verhoed om bankrekeninge oop te maak en handel te dryf. Hulle voer aan dat die stadige burokratiese prosesse werkskepping blokkeer en hul ekonomiese bydraes beperk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ockert Jansen, Bipa […]
Dis waarlik ‘n naweek van rugby
Nog ‘n propvol naweek van toets-aksie wag op ondersteuners. Ierland en Argentinië spring vanaand weg in Dublin, en môre speel Japan en Uruguay in Chambéry in Frankryk, terwyl Spanje in Valladolid teen Fidji te staan kom. Skotland verwelkom daarna vir Portugal op Murrayfield, gevolg deur twee epiese wedstryde: Suid-Afrika teen Engeland op Twickenham, en Frankryk […]
Unam maak internskappe verpligtend
Unam gaan volgende jaar sy program vir korporatiewe werk-geïntegreerde onderwys bekendstel, wat van alle derdejaarstudente vereis om praktiese werkservaring op te doen. Die inisiatief sal bykans 3 000 studente uit velde soos landbou, ingenieurswese, regte en gesondheidswetenskappe betrek. Die program voeg professionele praktyk by akademiese kennis, bekend as werksgeïntegreerde leer, wat ooreenstem met Unam se […]
Agtergrondondersoeke van staatsamptenare is te stadig – Zibi
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, is besorg oor vertragings met die agtergrondondersoeke na senior regeringsamptenare, ondanks verbeterings. Hy het tydens ʼn inligtingsvergadering erken die huidige proses sukkel met ‘n agterstand, ʼn tekort aan hulpbronne en vakante poste, en bevestig nie alle senior amptenare word ondersoek voor […]
De Beers en Boko vergader, ooreenkoms amper gereed
De Beers se uitvoerende hoof, Al Cook, sê hy verwag dat onderhandelinge met Botswana oor ‘n nuwe diamantverkoopverdrag binne weke afgehandel sal wees, nadat hy met die nuwe president, Duma Boko, vergader het. De Beers het verlede jaar ‘n nuwe verkoopsooreenkoms met Botswana ooreengekom, maar dit moet nog onderteken word. Volgens die ooreenkoms sal Botswana […]
Toenemende skeptisisme oor Gaetz se benoeming
Amerikaanse verkose president Donald Trump se genomineerde as prokureur-generaal, Matt Gaetz, word met toenemende skeptisisme deur sy mede-Republikeine in die kongres gekonfronteer. Senator John Cornyn, wat ‘n topposisie beklee op die komitee wat Gaetz se benoeming volgende jaar sal oorweeg, het gesê hy en ander wetgewers moet toegang kry tot die verslag deur die Huis […]