
SAOG verwerp VSA se beoogde sanksies teen Afrikalande wat pro-Rusland is - August 21, 2022
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sê Amerika se voorgenome sanksies teen Afrikalande wat met Rusland handel dryf, is verwerplik en onnodig. Amerika se Huis van Verteenwoordigers het die Wet op die Bestryding van Kwaadwillige Russiese Bedrywighede in Afrika voorgestel, wat optrede vervat teen Afrikalande wat met Rusland saamwerk. Lede van die SAOG het op sy onlangse beraad […]
Wes-Kaap neem voortou met omgewingstudies - August 21, 2022
Die Wes-Kaapse regering sê hy is verbind tot ekonomiese ontwikkeling wat in balans is met ekologiese volhoubaarheid. Die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die regering beplan om die proses van omgewingsimpakstudies wat nodig is vir nuwe ontwikkelings, te verbeter. Bredell sê sy departement het seker gemaak al die amptenare wat […]
Netbal: Desert Jewels takel Tanzanië om 12:00 - August 21, 2022
Die hoofafrigter van die Namibiese senior netbalspan, Mary Waya, sê dit is belangrik vir die span om vandag sy openingswedstryd teen Tanzanië te wen. Die Debmarine Desert Jewels is in Suid-Afrika vir hul Afrika-netbalwêreldbeker-uitdunne wat tot 27 Augustus sal plaasvind. Die Afrika-netbalwêreldbeker-uitdunne vir die Kaapstad 2023-netbalwêreldbekertoernooi word by die Universiteit van Pretoria gehou, waar nege […]
Nampol: Veediefstal gaan nie wyk by Otjimbingwe - August 21, 2022
Die hoë vlak van werkloosheid in en om Otjimbingwe in die Erongo-streek is geïdentifiseer as ‘n bydraende faktor tot die toenemende gevalle van veediefstal in die gebied. Dit is volgens hoofinspekteur Jeffrey |Urib, die hoof van veediefstal-ondersoeke van die Namibiese polisie in die Erongo-streek. Hy sê verder dat veediefstal ’n toenemende probleem word wat die […]
Lewenslange vonnis van SA vrou in Thailand na 33 jaar verminder - August 21, 2022
Die lewenslange vonnis van ʼn Suid-Afrikaanse vrou wat aan dwelmhandel in Thailand skuldig bevind is, is tot 33 jaar verminder. Ashley Oosthuizen van George in die Suid-Kaap is verlede jaar gevonnis. Sy is aanvanklik die doodstraf opgelê voordat dit na lewenslange tronkstraf omgeskakel is. Haar familie hou steeds vol sy is onskuldig en beweer haar […]
Somaliese magte beëindig beleg by hotel in hoofstad - August 21, 2022
Somaliese magte het die beleg van ʼn hotel in die hoofstad, Mogadishu, beëindig wat die lewe van minstens 20 mense geëis het. Veertig mense, insluitend kinders, is in die aanval gewond. Die Al Shabaab-terreurgroep, wat aan Al Kaïda verbind word, het die Hayat-hotel Vrydagaand aangeval. Geweervuur is Saterdagaand nog gehoor terwyl veiligheidsmagte die oorblywende aanvallers […]
Marathon-atleet Helalia Johannes stel haar stigting op Ongwediva bekend - August 21, 2022
Namibiese veteraan marathon-atleet, Helalia Johannes, het Saterdag haar stigting by Nictus op Ongwediva in die Oshana-streek bekendgestel. Johannes het sê daar is geen bystand vir atlete in die land nie en sy wil haar ervaring gebruik om jong, talentvolle atlete by te staan om hul drome te verwesenlik. Johannes beoog om die sport van langafstand […]
Inligtingsministerie sê Hardap-streeksraad saboteer Heldedag-vieringe - August 21, 2022
Die Namibiese inligtingsministerie betreur die beweerde sabotasie van Heldedag-vieringe op Mariental deur die Hardap-streeksraad. Volgens ‘n mediaverklaring van die inligtingsmnisterie het die Hardap-streeksraad staatsamptenare daarvan weerhou om op komitees te dien wat Heldedag-vieringe koördineer. Die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie, dr. Audrin Mathe, sê die feesvieringe sal Vrydag op die Mariental-sportsvelde voortgaan met of sonder […]
Nuwe Zoeloe-koning midde omstredenheid gekroon - August 21, 2022
Koning Misuzulu KaZwelithini van die Zoeloes het die troon bestyg nadat hy Saterdag die koninklike kraal binnegegaan het. Hy het die vereiste rituele uitgevoer en uiteindelik in sy koninklike kleed na buite gekom. Na die seremonie om die kraal binne te gaan, is Misuzulu in die openbaar tot koning uitgeroep deur oudstes van die koninklike […]
Nieu-Seeland handhaaf noodtoestand oor vloedgeteisterde Suid-Eiland - August 21, 2022
Nieu-Seeland handhaaf vandag ‘n noodtoestand in dele van sy vloedgeteisterde Suid-Eiland, met owerhede wat die skade beraam in die streek wat die swaarste getref is deur vier dae se stortreën. Verlede week se reën in noordelike en sentrale gebiede het meer as 500 mense uit hul huise gedwing, wat sommige onbewoonbaar gemaak het. Die Suid-Eiland-stad […]