
Nóg ‘n witrenoster in Okahandja-distrik gestroop - August 9, 2022
Nóg ‘n witrenoster is op ‘n plaas in die Okahandja-distrik gestroop, het die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, bevestig. Dit volg ná twee vars karkasse van ‘n witrenosterbul en -koei Maandag op ‘n plaas in die Outjo-distrik ontdek is. Verlede week het die ministerie bevestig dat 33 renosters tot dusver vanjaar in Namibië […]
Publiek uitgenooi na Namibiese Mynbou-ekspo - August 9, 2022
Die Namibiese Kamer van Mynwese het bevestig die 9de Namibiese Mynbou-ekspo en -konferensie sal vir die eerste keer sedert die Covid-pandemie weer vanjaar deur die publiek bygewoon kan word. Die Mynbou-ekspo sal van 31 Augustus tot 1 September 2022 by Windhoekse skougronde plaasvind. Vanjaar se ekspo sal saamval met ‘n beter vooruitsig vir die mynbedryf. […]
Oekraïnse President doen beroep op Weste om Russe te verban - August 9, 2022
Oekraïnse President Volodymyr Zelensky het ‘n beroep op die Weste gedoen om alle Russe te verbied om hul lande binne te gaan in reaksie op Vladimir Putin se “barbaarse inval” in die Oekraïne. Die omstrede President het wêreldleiers aangemoedig om hul grense te sluit vir alle burgers van Rusland in ‘n poging om die Kremlin […]
SA wen 10 minder medaljes as in vorige Statebondspele - August 9, 2022
Statebondspele: Suid-Afrika het tien minder medaljes as die op die vorige Statebondspele van 2018 verower. Die Suid-Afrikaanse span het dié keer ses goue medaljes minder as vier jaar gelede gewen, twee minder silwer medaljes en twee minder brons medaljes. In totaal keer die span na Suid-Afrika terug met 27 medaljes – sewe goud, nege silwer […]
Die wêreld kan nie toelaat dat groot lande klein lande boelie nie – Blinken - August 9, 2022
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken het pas Suid-Afrika besoek. Kenners meen die VSA vry na Afrika as gevolg van die invloed wat Rusland en China op die vasteland het. Blinken het na sy vergadering met sy Suid-Afrikaanse eweknie Naledi Pandor, gesê ‘n groot land kan nie toegelaat word om ‘n klein land […]
Klopper sê oor Iran-plan en olieprys - August 9, 2022
Die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper het gereageer op die vordering in samesprekings om die 2015 Iran-kernooreenkoms te laat herleef. Sou die ooreenkom onderteken word sal dit toelaat dat Iran se olie weer in die mark toegelaat sal word. Klopper sê terwyl dit nog ‘n tyd sal neem vir die ooreenkoms om geïmplementeer te word, sal […]
Uutoni is verkeerd, dis ‘n Swapo-probleem! - August 9, 2022
Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, wat sê streeksrade moet ophou om fondse in bankrekenings te hou wat vir ontwikkeling bedoel is of, wat in noodsituasies aangewend kan word. Die sekretaris-generaal van die All People’s Party Vinsent Kanyetu sê die probleem is baie groter as net die […]
Droogte dwing VSA-boere om kudde te verminder, pryse skiet op - August 9, 2022
Amerikaanse verbruikers worstel op die oomblik met ‘n probleem waarmee Namibiërs baie goed vertroud is. Terwyl die land steier onder stygende inflasie is die prys van beesvleis ook besig om skerp toe te neem omdat boere nie net kuddes verminder het nie maar ook sukkel met hoë voerkoste en ‘n rekorddroogte. Die afname in beesgetalle, […]
Serena wen eerste wedstryd in 18 maande - August 9, 2022
Serena Williams het vir die eerste keer in ‘n jaar-en-‘n-half terug op ‘n hardebaan en ‘n sege van 6-3, 6-4 teen Nuria Parrizas Diaz van Spanje beklink. Die 40-jarige Amerikaner het aan slegs haar tweede wedstryd hierdie seisoen deelgeneem en haar eerste oorwinning sedert verlede seisoen op Roland Garros behaal. Williams het in 2001 haar eerste […]
Junius sê onwettige taxi’s sal aangespreek word - August 9, 2022
Die burgemeester van Rehoboth, Enrico Junius sê die kwessies wat geopper is in die petisie deur lang-afstand vervoeroperateurs is gegrond. Daar is groot kommer oor onwettige taxi’s wat bedrywig is op die roete tussen Windhoek en Rehoboth. Junius sê helfte van Rehoboth is werksaam in die hoofstad en die kwessie moet aandag geniet.