Ramaphosa wens Liz Truss geluk - September 7, 2022

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die nuwe eerste minister van die Verenigde Koninkryk, Liz Truss, geluk gewens. Sy is Dinsdag in die Balmoral-kasteel as die land se derde vroulike eerste minister ingehuldig. Ramaphosa sê hy is vol vertroue dat die vriendskaplike betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VK, wat geskiedkundig sterk is, onder haar leierskap sal […]

Read More

Polisie soek steeds na verdagte van massa-mesaanval in Kanada   - September 7, 2022

Die polisie in Kanada is steeds op soek na die oorblywende verdagte van ‘n massa-mesaanval wat Sondag minstens 11 mense – een verdagte ingesluit – se lewens geëis het. Die 30-jarige Myles Sanderson is steeds op vrye voet nadat sy broer, die 31-jarige Damien, dood aangetref is in die James Smith Cree Nation. Die broers […]

Read More

Cecil Afrika in terug in Blitsbokke-span  - September 7, 2022

Rugby: Die legendariese sewes-speler Cecil Afrika is terug in die Blitsbokke se span vir die naweek se Wêreldbeker-sewestoernooi in Kaapstad. Hy het die meeste punte nog vir Suid-Afrika aangeteken en in 2020 laas vir die land gespeel, maar keer terug nadat die beserings-geteisterde groep die veteraan gevra het om uit te help. Die 34-jarige Afrika […]

Read More

Allerhande lekker dinge of DStv in die komende maande - September 7, 2022

MultiChoice Namibië sê daar is verskeie nuwe aanbiedings op sy bestaande kanale sowel as plaaslike samewerking met die Namibiese rolprentbedryf. En vir aanhangers van Big Brother, is daar ‘n groot verrassing vroeg volgende jaar. Elzita Beukes, hoof van korporatiewe aangeleenthede by MultiChoice het meer.

Read More

Veldbrand noordoos van hoofstad is buite beheer - September 7, 2022

Daar is tans ‘n groot veldbrand net noordoos van die hoofstad, op die pad na Midgard. Volgens wat berig word, is die brand glad nie onder beheer nie en daar is groot uitdagings met die bergagtige gebied. Sean Naude se Marshal Rangers is deel van die span op die toneel. Hy het meer.

Read More

Covid-inentings: Ministerie sê oor jongste - September 7, 2022

Covid is omtrent vergete en tog is daar steeds brandpunte waar die siekte in vlae voorkom regoor die wêreld. In die VSA sowel as die Verenigde Koninkryk, is nuwe Pfizer- en Moderna-entstowwe, wat spesifiek die oorspronklike Covid sowel as die Omikron-variant teiken, goedgekeur. Plaaslik is Covid reeds ou nuus sonder enige aankondigings deur die ministerie […]

Read More

Eskom kry sy R30m van Molefe terug - September 7, 2022

Eskom het daarin geslaag om 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand terug te kry wat in 2016 onregmatig aan Eskom se Pensioen- en Voorsieningsfonds betaal is, tot voordeel van die gewese uitvoerende hoof, Brian Molefe. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het in Julie vanjaar ‘n uitspraak van 2018 bevestig wat die vroeë aftrede-ooreenkoms tussen Molefe en Eskom hersien en […]

Read More

Trump se dokumente bevat kernkragvermoëns van ander land… - September 7, 2022

‘n Dokument wat ‘n buitelandse regering se militêre verdediging beskryf, insluitend sy kernkragvermoëns, is gevind in die FBI se soektog verlede maand by oud-president Donald Trump se huis in Florida. Amerikaanse media het nie die land geïdentifiseer nie, en ook nie aangedui of die land vriendelik of vyandig teenoor die VSA is nie. Die FBI […]

Read More

Verlenging van verlagings in brandstofheffings bemoeilik sake - September 7, 2022

Die verlenging in die verlaging van heffings vir die Padfonds Administrasie wek kommer. Die hoof uitvoerende beampte Ali Ipinge sê dit belemmer hul vermoë om hul mandaat, die befondsing van padinfrastruktuur en padbestuur, uit te voer. Die ministerie van myne en energie het die verlaging in die heffings onbepaald verleng om die brandstofprys laer te […]

Read More

Meer oor transito-roof in hoofstad - September 7, 2022

Die Namibiese polisie is ontplooi na ‘n transito-roof vanoggend by Snyman Sirkel in die hoofstad. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van Nampol sê die groep gewapende rowers het hul voertuig, waarop geskiet is, reeds verlaat en te voet gevlug…

Read More