
Woede laai op oor moorde op Okahandja - April 26, 2025
Druk op die regering en Okahandja se owerhede is aan die oplaai ná die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag in Veddersdal op die dorp gevind is, omtrent ‘n maand ná die moord op vyfjarige Ingrid Maasdorp in dieselfde woonbuurt. Op sosiale media eis die gemeenskap die onmiddellike ontplooiing van polisiepatrollies. NEFF-aktivis Michael Amushelelo […]
Water vir die vale in die Vaal - April 26, 2025
Die departement van water en sanitasie sê tien sluise van die Vaaldam is tans oop. Aanhoudende, bogemiddelde reënval in die reeds versadigde opvangsgebiede veroorsaak ʼn groot invloei van water. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die Vaal- en Bloemhofdam is tans onderskeidelik 119,68- en 111,87 persent vol. Sy sê nog water word verwag en […]
VN se kosrakke leeg in Gaza - April 26, 2025
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê al sy voedselvoorrade vir Gaza is opgebruik. Dit volg nadat Israel die aflewering van humanitêre hulp die afgelope sewe weke blokkeer. Die VN sê hy het sy laaste voedselvoorraad aan koskombuise in Gaza gelewer en voeg by kos by hierdie kombuise sal in die komende dae opraak. Die organisasie […]
Sokker: Mamelodi Sundowns deur na CAF-eindronde - April 26, 2025
Mamelodi Sundowns het sy plek in die Konfederasie van Afrika-sokkerkampioeneliga se eindronde bespreek na ʼn een-elk-gelykopstryd teen Al Ahly in Kaïro. Die Egiptenare het in die 23ste minuut danksy Taher Mohamed ʼn voorsprong behaal. Yasser Ibrahim se eie doel in die 90ste minuut het sake vir Masandawana gelykop gemaak. Sundowns het die eerste keer sedert […]
Kry ‘n bietjie kleur en help Kankervereniging - April 26, 2025
Curves Strengthening Women bied vandag ‘n spray-a-thon aan van 09:00 tot 13:00 by Platz Am Meer in Swakopmund. Die geleentheid is in vennootskap met die Kankervereniging van van Namibië se Erongo-sentrum en is daarop gemik om bewustheid en ondersteuning vir kankerinisiatiewe in die streek te verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen, die […]
SARB slaan Absa met R10m-boete - April 26, 2025
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Omsigtigheidsowerheid het Absa met tien miljoen rand beboet omdat hy nie voldoen aan artikels van die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum nie. ‘n Ondersoek het in 2022 bevind Absa het sommige hoë risiko-kliënte nie behoorlik nagegaan nie, insluitend mense met politieke bande. Die bank het ook nagelaat om duisende waarskuwings oor […]
Beweerde slagoffer van Jeffrey Epstein, prins Andrew pleeg selfdood - April 26, 2025
Virginia Giuffre, wat prins Andrew van seksuele aanranding beskuldig het, is op 41-jarige ouderdom dood. Volgens haar familie het sy haar eie lewe geneem in Neergabby, Australië, waar sy al etlike jare woon. Giuffre het die hertog van York in Augustus 2021 vir seksuele misbruik gedagvaar en gesê Andrew het seks met haar gehad toe […]
Goosen se skopskoen goud werd vir Bulle - April 26, 2025
Johan Goosen het 16 punte bygedra toe die Bulle die verdedigende kampioene, Glasgow Warriors, met 26-19 in Skotland verslaan het om in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap ʼn tuiswedstryd te verseker. Drie strafskoppe van Goosen het die besoekers teen rustyd ʼn geringe voorsprong gegee met Jamie Dobie wat ʼn drie vir die gashere gedruk […]
Liggaam van nóg ‘n dogtertjie op Okahandja gevind - April 26, 2025
Die gemeenskap op Okahandja is geruk ná die polisie Vrydag die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian agter die begraafplaas in Veddersdal op dié dorp gevind het. Dit is skaars ‘n maand nadat die vyfjarige Ingrid Maasdorp verkrag en vermoor in dieselfde woonbuurt gevind is. Fabian was sedert Donderdag vermis. Beide kinders was leerlinge van die […]
Godongwana weier om te bedank ná BTW-herrie - April 26, 2025
Suid-Afrika se minister van finansies, Enoch Godongwana, verwerp oproepe dat hy bedank nadat hy die beplande BTW-verhoging van 0,5 persentasiepunte omgekeer het. Die voorstel dat BTW oor twee jaar met een persent verhoog word, moes die staatskas aanvul, maar het teenstand gekry van sommige politieke partye en die sakesektor. Die skrapping laat ʼn tekort van […]