140 skole in KZN beskadig
Die KwaZulu-Natalse Onderwysdepartement sê meer as 140 skole is deur die swaar reën en oorstromings beskadig. Veertig leerders en 12 onderwysers by ‘n hoërskool in die provinsie was vasgekeer toe ‘n brug oor die rivier naby die skool ingestort en die pad weggespoel het. Die departement se woordvoerder, Muzi Mahlambi, sê die leerders en onderwysers […]
Alle plaaslike voertuig-handelaars ervaar tekorte
Terwyl die verkoopsyfers vir nuwe voertuie vir Maart uiters goed in Namibië vertoon is daar tekorte, ook in die plaaslike mark, as gevolg van onderbrekings in internasionale waardekettings. Simonis Storm se ontleding toon dat amper alle handelsmerke plaaslik of ‘n agterstand het in bestellings, of tekorte het in verskeie modelle. Die tekorte word aangevuur deur […]
KZN: Ontwrigting in handel behoort van korte duur te wees
Groot verwoesting is gesaai met die erge oorstromings wat in KwaZulu-Natal voorgekom het. Ontwrigting word verwag na en van die Durban-hawe en verskeie fabrieke is ook oorstroom. Volgens die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart, behoort die ontwrigting van korte duur te wees. Hy sê dat daar tot op hede nog nie ‘n invloed op die rand […]
‘Putin kan nie die wind of son beheer nie’
Die konflik in die Oekraïne het weereens bewys dat dit tyd is om na skoon en hernubare energie oor te skakel. Dit is die standpunt van John Kerry, Amerikaanse klimaatgesant. Hy woon op die oomblik ‘n konferensie op die Stille Oseaan-eiland Palau by. Rusland voorsien ongeveer 40 persent van sy gas aan Europa, wat Westerse pogings bemoeilik om ekonomiese […]
Boris is eerste Britse premier ooit wat wet oortree
Daar is toenemende druk op die Britse premier Boris Johnson, na hy en sy kanselier Rishi Sunak albei beboet is as gevolg van Partygate. Johnson het vir die parlement gelieg en daar is reeds oproepe dat hy moet bedank. Maar, daar is ook sommiges wat meen dat hy die Westerse koalisie met die Orkraïne lei […]
Weer in Suider-Afrika – klimaatverandering dryf uiterstes aan
Klimaatsverandering het grootliks bygedra tot die uiterste reën en siklone wat Suider-Afrika tans teister. Daar was vanjaar groot hoeveelhede reën in die streek in vergelyking met vorige seisoene. Die klimaatskenner Thandile Chinyavanhu sê dit lyk asof daar ‘n ooreenkoms is tussen huidige klimaatstoestande en die uiterste weerpatrone wat ervaar word:
Inentingsertifikaat-chaos: Vervoer betaal weer duisende
Namibiese vragmotor-eienaars is platgeslaan toe hulle die nuus hoor dat die Suid-Afrikaanse regering nie Namibiese reisigers se inentingskaarte aanvaar nie, slegs inentingsertifikate. Die Namibiese gesondheidsministerie sê die uitreiking van digitale Covid-inentingsertifikate sal oor twee weke of dalk vroeër operasioneel wees. Die ministerie is ook in gesprek met Suid-Afrikaanse owerhede oor moontlike tussentydse maatreëls vir Namibiërs […]
Keetmans se oumensies kry nie afslag nie
Die Keetmanshoop-munisipaliteit sê hy is nie in ‘n finansiële posisie om skuld van pensioenarisse af te skryf nie. Die raad se hoof uitvoerende beampte Desmond Basson sê pensioenarisse kan 50 persent afslag ontvang op die basiese tarief van watervoorsiening sowel as vullisverwydering maar nie op verbruik nie omdat die raad op sy beurt NamWater moet betaal. Basson het […]
Djokovic erken hy het stoom verloor
Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, het erken hy het stoom verloor toe hy vir slegs sy tweede toernooi van die jaar na mededingende tennis teruggekeer het. Die Serwiër het in die ronde van 32 op die Monte Carlo-meesterstoernooi die knie gebuig voor die wêreld nommer 46, Alejandro Davidovich Fokina. Djokovic het die eerste stel verloor en in die tweede stel sake gelykop […]
Senuagtigheid oor olie bedaar
Internasionale nuusagentskappe berig dat oliehandelaars die afgelope maand baie rustiger is oor die beskikbaarheid van ru-olie, wat verligting aan die olieprys bring ná Rusland se inval in die Oekraïne. Terwyl brandstofverbruik in China wankel namate die inperkings as gevolg van uiters hoë Covid-gevalle, duur Rusland se olie-uitvoere voort, al is dit op ‘n verlaagde vlak. Intussen sal 1,3 […]