‘Putin kan nie die wind of son beheer nie’

Die konflik in die Oekraïne het weereens bewys dat dit tyd is om na skoon en hernubare energie oor te skakel. Dit is die standpunt van John Kerry, Amerikaanse klimaatgesant. Hy woon op die oomblik ‘n konferensie op die Stille Oseaan-eiland Palau by. Rusland voorsien ongeveer 40 persent van sy gas aan Europa, wat Westerse pogings bemoeilik om ekonomiese sanksies op Vladimir Putin se regering op te lê. Kerry sê onafhanklikheid in kragvoorsiening is uiters belangrik omdat Putin nie die wind of die son kan beheer nie. Die konferensie het vanoggend in Palau begin. Die lot van nasies wat sukkel met stygende seevlakke kom onder die loep.