140 skole in KZN beskadig

Die KwaZulu-Natalse Onderwysdepartement sê meer as 140 skole is deur die swaar reën en oorstromings beskadig. Veertig leerders en 12 onderwysers by ‘n hoërskool in die provinsie was vasgekeer toe ‘n brug oor die rivier naby die skool ingestort en die pad weggespoel het. Die departement se woordvoerder, Muzi Mahlambi, sê die leerders en onderwysers is uiteindelik met ‘n helikopter ontruim: