Alle plaaslike voertuig-handelaars ervaar tekorte

Terwyl die verkoopsyfers vir nuwe voertuie vir Maart uiters goed in Namibië vertoon is daar tekorte, ook in die plaaslike mark, as gevolg van onderbrekings in internasionale waardekettings. Simonis Storm se ontleding toon dat amper alle handelsmerke plaaslik of ‘n agterstand het in bestellings, of tekorte het in verskeie modelle. Die tekorte word aangevuur deur globale versteurings in die lewering van komponente vir die voertuie. Die makelaarsfirma sê verder dat prysstygings ook in die sektor verwag kan word. Hy voeg by dat in sy Covid-verslag vir Maart, is daar gerapporteer dat daar 13 miljard Namibiese dollar in lewensversekering eise vanaf die tweede kwartaal in 2020 tot die derde kwartaal in 2021 uitbetaal is. en dat dit moontlik kan bydra tot die hoë vraag vir nuwe voertuie.