Oekraïne se Wêreldbeker uitspeelstryd is op 5 Junie

Oekraïne se Wêreldbeker-uitspeelstryd teen Skotland, wat verskuif is weens die Russiese inval, sal op 1 Junie gespeel word. Die wenners van die wedstryd op Hampdenpark in Glasgow speel op 5 Junie teen Wallis in Cardiff om ‘n plek in vanjaar se toernooi in Katar. Fifa het die oorspronklike wedstryddatum van 24 Maart op Oekraïne se […]

Read More

Geen likwidasie vir TransNamib nie – Shiimi

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, sê daar is geen waarheid in gerigte dat TransNamib gelikwideer moet word, of sal word nie. Hy sê die maatskappy is die operateur van amper 2 700 kilometer se spoorlyn regoor die land wat ook verbind is aan Suid-Afrika en dat daar geleenthede is om die lyn verder […]

Read More

KZN-vloede, Covid, oorlog – alles dra by tot voertuigtekorte

Die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal het daartoe gelei dat Toyota Suid-Afrika sy bedrywighede by sy Prospecton-aanleg suid van Durban gesluit het. Voertuighandelaars vir die meeste voertuighandelsmerke het reeds voorraadkwessies ondervind as gevolg van die wêreldwye tekort weens ‘n brand by ‘n groot verskaffer verlede jaar, asook wêreldwye voorsieningsketting-onderbrekings wat veroorsaak is deur Covid-inperkings. Ander handelaars […]

Read More

Rusland se vlagskip vaartuig, Moskva, sink

Internasionale nuusagentskappe berig dat ontploffings vroeër vanoggend in die Oekraïnse hoofstad Kiëf gehoor is, die eerste sedert Russiese troepe die gebied verlaat het. Intussen het Rusland se vlagskip oorlogsvaartuig in die Swart-see, die Moskva, gesink. Die vaartuig was uiters belangrik vir Rusland se vloot in daardie gebied. Rusland sê ammunisie het op die vaartuig ontplof […]

Read More

Leeus verloor weer, 8ste keer

Die Leeus is steeds oorwinning-loos na agt wedstryde in vanjaar se Curriebekerreeks. Die Johannesburgse span het gister met 23-17 teen Griekwas verloor. Die Leeus het tekens van verbetering getoon, maar dit was nie genoeg teen die taai spelers uit Kimberley nie. Die besoekers was rustyd 13-3 voor. Westelike Provinsie speel vandag teen die Cheetahs in […]

Read More

Voices for Choices: Namibië is agterweë met wetgewing oor haatspraak

Die stof het nog nie gaan lê oor die sanger en aktivis Steve Hofmeyr se uitlatings oor die LGBTQ+ gemeenskap nadat die SA Menseregtekommissie hom beboet het nie. In reaksie daarop het die voormalige Namibiese ombudsman, advokaat, John Walters, gesê hy stem saam dat Hofmeyr haatspraak gepleeg het, maar gesê in Namibië is nie wetgewing […]

Read More

Ramaphosa stel speaker aan as bemiddelaar tussen Rusland en Oekraïne

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, aangestel in die taakspan van die Tussen-parlementêre Unie om die konflik tussen Rusland en Oekraïne te bemiddel. Mapisa-Nqakula sal ook die Afrika Geopolitiese Groep verteenwoordig. Die wêreld-vereniging van parlemente wat bestaan uit 179 lande en 13 medewerkende lidlande, is gemagtig om vrede, […]

Read More

Brittanje gaan migrante na Rwanda stuur

Brittanje gaan kragtens ‘n omstrede ooreenkoms migrante en asielsoekers wat oor die Kanaal gekom het, na Rwanda stuur. Eerste minister Boris Johnson se regering probeer toeslaan op die rekord-aantal mense wat die gevaarlike reis onderneem. Johnson het in ‘n toespraak gesê van vandag af sal enigeen wat die Verenigde Koninkryk onwettig inkom, sowel as dié […]

Read More

N$1,4 miljoen met Kanker-appelprojek ingesamel

Ondanks die uitdagings van Covid-19, het Bank Windhoek se Kanker-appelprojek 1,4 miljoen Namibiese dollar ingesamel om die Kankervereniging van Namibië te ondersteun. Die fondse sal onderskeidelik aangewend word met 500 000 dollar vir die Nasionale Kanker-uitreikprogram en 900 000 dollar vir die Pasiënt Finansiële Bystandsprogram. Bank Windhoek se uitvoerende bemarking- en korporatiewe bemarkingsbestuurder Jacquiline Pack […]

Read More

Suid-Afrikaners kan nog kommentaar lewer oor Covid-regulasies

Die Demokratiese Alliansie het die aankondiging dat die kommentaar-periode op die aanwysings tot die Nasionale Gesondheidswet verleng is, verwelkom. Die party sê hoewel die periode nou aangepas is moet die regering dringend verslag doen oor die aantal e-posse wat deur inwoners aan die gesondheidsdepartement gestuur is, wat uitgevee is sonder dat dit gelees is. Die […]

Read More