Capricorn Eagles speel in driehoekige reeks in Whk

Die Capricorn Eagles, Namibië se nasionale vroue krieketspan, speel vanaf 20 tot 26 April in ‘n driehoekige reeks teen Zimbabwe en Uganda. Irene van Zyl sal die Namibiese dames as kaptein aanvoer. Die wedstryde vind op die CCD krieketveld in die hoofstad plaas. Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte Johan Muller sê dit is ‘n […]

Read More

So kan hoër olieprys jou eiendom se waarde opstoot

Die styging in die Brent ru-olieprys het moontlik ‘n voordeel vir Namibiese eienaars van eiendom. Die hoë prys het ‘n positiewe impak op die Angolese ekonomie en volgens Frans Uusiku, FNB se marknavorser, kan dit veroorsaak dat burgers van die buurland weer terugkeer vir ontspanning en opvoedkundige doeleindes. Dit kan moontlik weer veroorsaak, soos etlike […]

Read More

Gesondheidsregulasies onnodig – Dear South Africa

Dear South Africa glo die ANC-regering wil die gewysigde gesondheidsregulasies gebruik om inperking af te dwing. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het die sperdatum vir kommentaar oor die nuwe gesondheidsregulasies tot 24 April verleng. Volgens die voorsitter, Rob Hutchinson, wil die departement sommige maatreëls, soos die tydelike Wet op Rampbestuur, permanent maak. Hutchinson meen […]

Read More

Duitsers arresteer 4 verregse pro-Russiese verdagtes

Duitse ondersoekers sê hulle het vier lede van ‘n verregse teen-inperkingsgroep wat neig na steun vir Rusland, in hegtenis geneem vir die beplanning van gewelddadige aanvalle. Dit sluit ‘n komplot in om Duitsland se gesondheidsminister te ontvoer. Die verdagtes van die Verenigde Patriotte-groep word beskuldig van die beplanning van plofstofaanvalle en ander geweldsdade. Die minister, […]

Read More

Bring ‘n einde aan die oorlog – Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê daar moet ‘n einde aan die oorlog in Oos-Europa kom omdat die mees kwesbare mense regoor die wêreld nie moet lei oor ‘n ramp waarvoor hulle geen verantwoordelikheid dra nie.

Read More

Namfisa sal nog oor FIMA konsulteer

Namfisa sê hy sal, waar dit nodig is, verder konsulteer op die bepalings van die nou omstrede FIMA-wetgewing. Die wetsontwerp het wyd reaksie uitgelok omdat dit lede van pensioenfondse verhoed om meer as 25 persent van hul fondse te onttrek voor die aftree ouderdom van 55. Volgens Namfisa, het kommentaar van die industrie reeds op […]

Read More

Aandag op ingewandskoors, cholera in KZN

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê hy werk saam met water en sanitasie om te verseker gemeenskappe wat deur die vloede in KwaZulu-Natal geraak word, het veilige drinkwater. Die gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê die departement sal verseker inwoners het behandelde water om die gevaar van ingewandskoors en cholera te beperk. Sy aankondiging volg op waterkrisisse in verskeie […]

Read More

Skerp afname in Covid regoor Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Afrika ervaar die langste afname in weeklikse Covid-infeksies sedert die begin van die pandemie. Weeklikse gevalle het in die afgelope 16 weke gedaal en sterftes in die laaste agt, met 239 sterftes in die afgelope week, regoor die vasteland. Die komende winter kan moontlik weer ‘n styging in gevalle veroorsaak en die […]

Read More

Harry en Meghan loer in by ouma

Prins Harry het sy ouma koningin Elizabeth saam met sy vrou Meghan besoek voordat hy na Nederland gereis het vir die Invictus-spele. Die Sussexes is op pad na die sportbyeenkoms wat Harry vir gestremde militêre veterane gestig het. Die spele begin môre in Den Haag. Koningin Elizabeth vier oor ‘n paar dae haar 96ste verjaardag. […]

Read More

Al die olie-winste van die week is verlore…

Al die winste wat die week in die ru-olieprys aangeteken is, is verlore. Brent het ses-uur gisteraand skerp gestyg en uitendelik gesluit op 111 Amerikaanse dollar en 70 sent per vat. Die mark het gereageer op die nuus dat die Europese Unie nader beweeg om ‘n plan om ‘n gefaseerde verbod op invoere van Russiese […]

Read More