N$420m nodig vir beroepsopleiding – Itah
Die Namibiese Opleidingsowerheid wil 420 miljoen Namibiese dollar hê om tegniese opleiding en beroepsonderwys as ‘n studieveld in die land te bevorder. Itah Kandjii-Murangi, minister van hoër onderwys, sê dat daar ‘n aansienlike toename in inskrywings by beroepsonderwys-instellings is met 34 920 leerlinge wat landwyd vir programme ingeskryf het, ‘n styging van 38 persent in […]
Man in Gauteng vas vir vervaardiging van allerhande vervalste dokumente
Die polisie in Gauteng het ‘n man in Hillbrow, Johannesburg, in hegtenis geneem omdat hy na bewering betrokke is by ‘n sindikaat wat vervalste dokumente vervaardig. Die provinsiale polisiekommissaris, Elias Mawela, sê polisielede het tydens ‘n voetpatrollie inligting van inwoners ontvang. Dit het tot die man se inhegtenisneming gelei. Beslag is ook gelê op ‘n […]
Zim gooi 70 DRK-vlugtelinge uit
Die Zimbabwiese regering het sowat 70 vlugtelinge terug na die Demokratiese Republiek van die Kongo gedeporteer in weerwil van internasionale humanitêre reg, volgens die Amerikaanse ambassade in Harare. Amptenare het 80 vlugtelinge wat na bewering voedselrantsoene uit die Tongorara-vlugtelingkamp se pakhuis gebuit het, in hegtenis geneem. Tien is onskuldig bevind en die res is gedeporteer. […]
Twee Oseane se half-marathon loop oop
Padwedlope: Kaapstad se mees gesogte wedloop, die Twee Oseane, het met vandag se half-marathon oor 21,1-kilometer afgeskop. Die wedloop lok elke jaar ‘n vol skare. Môre se ultra-marathon neem atlete op ‘n asembenemende roete om die Kaapse Skierieland. Totalsports het intussen ‘n skenking van 250 000 Suid-Afrikaanse rand elk vir die mans- en vrouewedloop aangekondig, […]
So lyk die afgelope reënseisoen
Die Namibiese meteorologiese diens het sy reënvalverslag vir die afgelope ses maande tot einde Maart bekend gemaak. Yanna Smith het die besonderhede.
DA wil weet oor brandstof wat op is in KZN
Die DA in KwaZulu-Natal vra die premier, Sihle Zikalala, en die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Ravi Pillay, moet onmiddellik die omvang bepaal van wydverspreide berigte dat vulstasies nie meer petrol het nie. Sleutelvervoerroetes by brandstofopslagplekke in eThekwini is in die vloede verwoes. Francois Rodgers van die DA sê die impak en gevolglike uitdagings weens die […]
36 dood in gru-ongeluk in Zim
Minstens 36 mense is in Zimbabwe dood en 71 beseer toe ‘n bus met kerkgangers onderweg na ‘n Paasfeesbyeenkoms van die pad geloop en in ‘n kloof beland het. Die bus het lidmate van ‘n plaaslike gemeente van die Zion Christian Church na ‘n Paasfeesbyeenkoms in die suide van die land vervoer. Die polisie sê […]
Cheetahs wen teen WP, 28-21
Die Cheetahs het sewe oorwinnings uit sewe op hulle kerfstok nadat hulle die Westelike Provinsie met 28-21 in ‘n Curriebekerwedstryd in Kaapstad geklop het. Die WP het nog net een oorwinning in agt wedstryde behaal. Die span van die Vrystaat het teruggeveg nadat hulle in ‘n stadium 14 punte agter was. Tristan Leyds en Angelo […]
Sonneblom- en koring-oeste lê en vrot in die Oekraïne
Die konflik in Oos-Europa sal opwaartste druk op voedselpryse plaas, verby die huidige seisoen. Internasionale nuusagentskappe berig dat naby Odesa, ‘n hawestad in die Oekraïne, word duisende tonne swart sonneblomsaad gestoor, wat gebruik word om kookolie te maak. Die Oekraïne is die wêreld se grootste uitvoerder van saadolie. Geen verkope deur produsente is moontlik nie […]
Weermag word in KZN ontplooi
President Hage Geingob sê KwaZulu-Natal is in Namibië se gebede na die werwoenstende oorstromings in die provinsie. Intussen sê President Cyril Ramaphosa die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal in KwaZulu-Natal ontplooi word om die situasie in die provinsie te hanteer. Ramaphosa sê die regering haal alles uit om die lewens van die mense, besighede en infrastruktuur […]