36 dood in gru-ongeluk in Zim

Minstens 36 mense is in Zimbabwe dood en 71 beseer toe ‘n bus met kerkgangers onderweg na ‘n Paasfeesbyeenkoms van die pad geloop en in ‘n kloof beland het. Die bus het lidmate van ‘n plaaslike gemeente van die Zion Christian Church na ‘n Paasfeesbyeenkoms in die suide van die land vervoer. Die polisie sê die bus was waarskynlik oorlaai. Nuusagentskappe berig busse in Zimbabwe kan gemiddeld 60 tot 75 passasiers vervoer.