Een vas vir N$1,3m rooftog

Een verdagte is in hegtenis geneem in verband met die rooftog van 1,3 miljoen Namibiese dollar by Nedbank twee weke gelede. Die man is in die Omusati-streek vasgetrek. Die Khomas-bevelvoerder kommissaris Ismael Basson het die besonderhede…

Read More

Olie is bestendig… alle oë op Oos-Europa

Oliepryse is tans bestendig nadat hulle hul hoogste punt in meer as sewe jaar bereik het as gevolg van vrese dat ‘n moontlike inval in die Oekraïne deur Rusland, Amerikaanse en Europese sanksies kan veroorsaak wat uitvoere van een van die wêreld se voorste olieprodusente sal ontwrig. Brent ru-olie het teen voreër vanoggend met 12 […]

Read More

Wat was daardie fliek? Snakes on a plane?

‘n AirAsia-vlug moes dringend land na ‘n passasier ‘n slang in die daklig van die Airbus A320 gesien het. Die binnelandse vlug onderweg van Kuala Lumpur in Maleisië was op pad Tawau. Die passasier het ‘n video op TikTok gedeel onder die gebruikersnaam E-dal Tay wat die slang duidelik wys. Die redery sê dit is […]

Read More

Wit bakkie wat vermoedelik ongeluk veroorsaak, steeds soek

Die Namibiese polisie is steeds op soek van die bestuurder van ‘n wit bakkie wat vermoedelik die noodlottige ongeluk 25 kilometer suid van Otjiwarongo veroorsaak het. Ses mense is dood na die bakkie na bewering in die verkeerde baan gery het. Die motor het ook weggejaag. Die ongeluk het rondom een-uur plaasgevind. Inspekteur Maureen Mbeha […]

Read More

Visvrektes: Jaarlikse swaeluitbarsting

Die visvrektes wat oor die naweek aan die kus aangemeld is, is ‘n swaeluitbarsting en kom jaarliks voor. Naude Dreyer, ‘n mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, sê die warmer weer en water veroorsaak dit.

Read More

Elektriese safari-voertuig bied unieke ervaring

Suid-Afrika se eerste eie elektriese oop viertrekvoertuig vir wildbesigtiging is bekend gestel. Die uitvoerende hoof van Thula Solutions, Gary Davies, in samewerking met Brandt BRV, sê die voertuig word die Thula Electric Safari Views genoem. Hy sê die maatskappy ondersoek die moontlikheid om ten volle elektries aangedrewe viertrekvoertuie te vervaardig. Die voertuig is ontwikkel om […]

Read More

Valieva kan skaats

Die Arbitrasiehof vir Sport het beslis die Russiese sierskaatser, Kamila Valieva, mag verder aan die Winter Olimpiese Spele in Beijing deelneem. ‘n Paneel bemiddelaars het besluit dit was binne die Russiese Agentskap teen Verbode Middels se bevoegdheid om Valieva se kortstondige skorsing op te hef. Die Agentskap het haar geskors nadat sy positief getoets is […]

Read More

Hierdie protes is ‘ingevoer’ – Ardern

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, sê betogers buite die parlement in Wellington se gedrag laat haar dink hulle stel nie belang om ‘n oplossing te vind nie. Die groep betoog teen die Covid-19-entstof en masker-mandate. Sowat 77 persent van Nieu-Seeland se inwoners is ingeënt. Ardern sê die groep op die parlement se voorplein wil […]

Read More

Auger-Aliassime palm eerste ATP-titel in

Felix Auger-Aliassime van Kanada het sy eerste ATP-toertitel ingepalm toe hy die wêreld se verdedigende nommer vier Stefanos Tsitsipas van Griekeland in die eindstryd van die Rotterdam Ope in Nederland geklop het. Die 21-jarige, wat in sy negende toer-eindstryd meegeding het, het Tsitsipas in 78 minute met 6-4, 6-2 uitoorlê. Hy het sover vanjaar goed […]

Read More

NamPower vertoon uiters goed in 20/21

NamPower het sy syfers vir die 2020-2021 finansiële jaar bekend gemaak. Die maatskappy het winste van 1,2 miljard Namibiese dollar aangeteken, 277 persent meer as in die 2019-2020 boekjaar. Die syfer is behaal ten spyte daarvan dat kragopwekking met 24,1 persent gedurende die jaar gedaal het. NamPower sê hy het krag teen koste-effektiewe pryse aangekoop. […]

Read More