Britse hof sê Assange moet VSA toe

Amerika het nog ‘n ronde gewen in sy poging om die stigter van WikiLeaks Julian Assange uitgelewer te kry toe ‘n Britse hof ‘n formele uitleweringsbevel uitgereik het. Dit beteken die Britse minister van binnelandse sake Priti Patel kan net die Australiese burger se oordrag na Amerika goedkeur om ‘n jarelange stryd te beëindig. Amerika wil hê Assange moet teregstaan op spioenasieklagtes na die publikasie op sy mediamaatskappy 12 jaar gelede van duisende geklassifiseerde lêers en diplomatieke boodskappe. Media berig hy kan 175-jaar tronkstraf opgelê word sou hy skuldig bevind word.