Oos-Kaapse dokter in hof oor bedrog teen Padongelukkefonds

‘n Mediese dokter van die Oos-Kaap het in die handelsmisdaadhof in Mthatha verskyn weens bedrog teen die Padongelukkefonds. Dokter Zonke Mrenqwa-Mazwi het na bewering vals statutêre mediese verslae ingedien namens eisers wat betrokke was by minstens nege motorongelukke. Volgens ‘n woordvoerder, Luxolo Tyali, beloop die eise ongeveer 18 miljoen rand.

Read More

Nuweland-stadion kom onder die hamer

Rugby: Die ikoniese Nuweland-stadion in Kaapstad kom onder die hamer. SA Rugby het die nuus bekend gemaak en sê die stadion sal in ‘n bodproses, wat verseël is, in die mark geplaas word. Volgens die administrateur van die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie, Rian Oberholzer, sal ‘n eksterne raadgewende paneel oor die proses toesig hou om te verseker […]

Read More

ANC in Wes-Kaap sê DA ignoreer plaaswerkers

Die Wes-Kaapse provinsiale rede het nie enige ontwikkelingsplanne vir plaaswerkers aan die Weskus of in die provinsie ingesluit nie, ten spyte daarvan dat landbou die middelpunt is van die ekonomie in die provinsie. Die ANC se leier in die wetgewer, Cameron Dugmore, het dié punt geopper in reaksie op premier Alan Winde se rede. Dugmore […]

Read More

Voëlgriep het nog nie na pluimveeboere versprei

Ná die direkteur van veeartsenykunde in die Namibiese landbouministerie verlede maand amptelik bevestig het dat die hoogs aansteeklike H5N1-voëlgriep onder seevoëls langs die kus uitgebreek het, het Kosmos 94.1 Nuus uitgevind of dit enigsins verder versprei het. Rene Werner, besturende direkteur van Wentscher Pluimveeplaas en voorsitter van die Namibiese Pluimveevereniging, het gesê daar was verlede […]

Read More

Trustco-hoof reageer heftig op JSE-berigte

Die uitvoerende hoof van Trustco Group Holdings, Quinton van Rooyen, het heftig gereageer op Namibiese mediaberigte dat die Johannesburgse Aandelebeurs bevestig het dat Trustco Group Holdings van die aandelebeurs afgeskop is. Van Rooyen gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Britse emigrant is slagoffer van haai-aanval in Sydney

‘n Britse man wat in Australië gewoon het is uitgeken as die slagoffer van gister se haai-aanval in Sydney. Die 35-jarige Simon Nellist is vermoedelik deur ‘n grootwithaai aangeval terwyl hy by Buchan-punt in Malabar geswem het. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar, nadat hy katastrofiese beserings opgedoen het. Nellist word beskryf as ‘n ervare seeswemmer wat lief was vir die oseaan. […]

Read More

Gemeenskappe wen weer in hof oor seismiese ondersoeke

Oos-Kaapse gemeenskappe aan die Wildekus het nog ‘n hofsaak gewen in ‘n poging om seismiese ondersoeke te stop. Regter Gerald Bloem het vandag in die hooggeregshof in Makhanda ‘n aansoek om verlof tot appèl teen sy beslissing in Desember wat tydelik Shell se seismiese ondersoeke aflandig van die Wildekus gestop het, van die hand gewys. […]

Read More

Meer moet gedoen word om gesondheidskwessies onder jeug te bekamp

Die DA doen ‘n beroep op die departemente van gesondheid en basiese onderwys om aandag te skenk aan geestesgesondheidskwessies wat die jeug raak. Volgens die DA is die stryd met geestesgesondheid een van die vele bydraende faktore tot skoolverlater-syfers onder jongmense. Die party se woordvoerder, Haseena Ismail, sê van die jeug se geestesgesondheid gaan aansienlik […]

Read More

R9 miljoen weg van pandemie-kospakkies

Die DA in Mpumalanga sê die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling het onderbestee aan kospakkies vir gesinne wat deur die Covid-pandemie geraak is. ‘n DA-lid van die Wetgewer, Jane Sithole, sê meer as nege miljoen rand is net weg en is vermoedelik gesteel uit die ingrypingsprogram se begroting. Sy wys daarop die party sal ‘n […]

Read More

Namibiese jagbedryf sê Duitse Groen Party is oningelig

‘n Namibiese professionele jagter het gereageer op die Groen Party in Duitsland wat die bemarking van bewaringsjag by die jaarlikse Jagd & Hund Jagskou in Dortmund wil opskort. Talle Namibiese jagoperateurs neem aan die gesogte jagskou in Duitsland deel. Die Namibiese Professionele Jagtersverening se president, Axel Cramer, het in ‘n brief aan die Groen Party […]

Read More