IOK-president geskok oor hoe afrigter Russiese sierskaatser hanteer

Olimpiese Spele: Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Thomas Bach, sê hoe die omstrede Russiese sierskaatser Kamila Valieva se afrigter haar hanteer het nadat sy tydens haar roetine by die Winterspele in Beijing geval het, is skokkend. Die 15-jarige atleet is tans onder geweldige druk nadat sy toegelaat is om deel te neem ondanks […]

Read More

Delta Airlines beplan direkte vlugte tussen Atlanta en Kaapstad

Delta Airlines het ‘n aansoek ingedien by die Amerikaanse departement van vervoer om toegelaat te word om regdeur die jaar, drie keer per week, direk tussen Atlanta en Kaapstad te vlieg. Die Amerikaanse redery het die aansoek ingedien ná ‘n besluit van United Airlines om direkte vlugte tussen New York en Kaapstad in Junie 2022 […]

Read More

SA kleinskaalse vissers vra ministers om hulle te raadpleeg

Kleinskaalse vissers in Suid-Afrika wil hê die minister van minerale sake en energie, Gwede Mantashe, en die omgewingsminister, Barbara Creecy, moet ophou om hulle oor die hoof te sien oor sekere kwessies. Die Suid-Afrikaanse Verenigde Vissersfront sê hy is nie beïndruk met hoe seismiese opnames in die howe afspeel nie. Volgens die voorsitter, Pedro Garcia, […]

Read More

Pres. Hage Geingob keer vanaand terug ná AU-EU-beraad

Namibiese President Hage Geingob sal vanaand terugkeer na Namibië nadat hy die Een Oseaan-beraad in Frankryk en die beraad tussen die Afrika-unie en Euroupese Unie in België bygewoon het. Geingob het onder meer samesprekings gehad met die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyden, asook die eerste minister van Nederland, Mark Rutte, oor […]

Read More

Universiteit van Kaapstad sluit nie, ondanks betogende studente

Nadat studente van die Universiteit van Kaapstad gister toegangsroetes na die kampusse versper het, sê die bestuur die betogers se ontwrigting van die akademiese projek is onaanvaarbaar. Die eise van die studente se verteenwoordigingsraad, wat die protesaksie aanvoer, sluit in die registrasie van alle studente en die opskorting van die akademiese jaar. Die universiteit se […]

Read More

Boer in Israel kweek wêreld se grootste aarbei

‘n Boer in Israel is in die Guinness-wêreldrekords opgeneem, nadat hy die grootste aarbei op rekord gekweek het. Dit weeg 289 gram en is verklaar as die wêreld se grootste, nadat Chahi Ariel ‘n jaar spandeer het om dit te kweek. Internasionale nuusagentskappe berig die aarbei is in Februarie 2021 gepluk en word sedertdien in […]

Read More

Banyna Banyna klop Algerië op hul tuisveld

Sokker: Banyana Banyana neem ‘n 2-0 voordeel na die tweede been van hulle 2022 Afrika Vroue-nasiesbeker kwalifiserende ronde. Hulle het Algerië gister geklop in die eerste been in Soweto. Die Suid-Afrikaners reis na Noord-Afrika vir Woensdag se tweede wedstryd teen Algerië. Die wenner van dié wedstryd sal in Julie hulle plek inneem by die Nasiesbeker-eindronde in Marokko. Die voorste vier […]

Read More

Visserye-ministerie: Uitgespoelde seediere nie vir menslike gebruik aanbeveel

Die Namibiese vissery-ministerie sê die harders wat langs die kus uitgespoel het, is veilig vir menslike gebruik indien dit steeds vars is, maar dit word nie aanbeveel nie. Dit volg nadat water in die Walvisbaaise strandmeer en omliggende areas getoets is en dit bevind is dat dit nie giftig is nie. Intussen het kreef en […]

Read More

SA motoriste kan in Maart nóg meer opdok vir brandstof

Maartmaand gaan sleg afskop vir Suid-Afrikaanse motoriste. Die Outomobiel-assosiasie voorspel brandstofprys-verhogings van veel meer as ‘n rand per liter vanaf die eerste Woensdag van volgende maand. Die Sentrale Energiefonds se jongste data dui op ‘n styging van een-rand-25-sent per liter in die petrolprys, wat dit tot ‘n nuwe rekordprys van 21-rand-39-sent in Gauteng sal neem. […]

Read More

Floyd-betogings: 19 polisielede van Texas aangekla

Altesaam 19 polisielede van Austin, Texas, gaan teregstaan vir hulle hantering van die protes oor die dood van George Floyd in 2020. ‘n Jurie het besluit om die lede aan te kla van ernstige aanranding met ‘n dodelike wapen. Die polisielid, Derek Chauvin, het in Mei 2020 Floyd se dood in Minneapolis veroorsaak. Internasionale nuusagentskappe […]

Read More