Venus-put grootste olievonds ooit

Volgens berigte is die Venus-1-ontdekking deur TotalEnergies aflandig van Namibië nog groter as wat vroeër geskat is. Die jongste aanduiding is dat daar moontlik 13 miljard vate van olie-ekwivalent in die bron is. Dit maak dit die grootste ontdekking ooit wat onderwater gevind is. Die bron is op 23 Februarie ontdek en daar is destyds bronne van […]

Read More

Shifeta verdedig trofeejag in België

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het in België by ‘n konferensie oor biodiversiteit en trofeejag ‘n toespraak gelewer oor of Afrika gehoor word in die verband. Verskeie lande en internasionale rederye het ’n verbod op die invoer en vervoer van jagtrofeë ingestel. Shifeta sê Afrika-lande het verskeie bewaringsbeleide maar Namibië het eienaarskap van wildlewe oorgedra aan die gemeenskappe wat met die wild saamleef. Die bewaringsaanslag word internasionaal […]

Read More

Gauteng se dienslewering kwyn in plaaslike owerhede

Die DA in Gauteng sê onbefondsde mandate begin baie druk plaas op plaaslike en distriksmunisipaliteite teen ‘n groot koste vir basiese dienslewering aan die inwoners. Dorianne Arendse van die DA sê dit veroorsaak diep kommer omdat inwoners hulle heffings en belasting betaal en in ruil daarvoor behoorlike dienslewering verwag. Plaaslike en distriksmunisipaliteite is weens die […]

Read More

Saara sê oor haar ‘Jesus’ kommentaar

Namibiese opposisiepartye is op die oorlogspad nadat eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila gesê het Swapo moet regeer totdat Jesus kom. Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika het dieselfde in 2008 van die ANC gesê. Kuugongelwa-Amadhila het tydens Swapo se 62ste verjaardagvieringe by Okatana naby Oshakati, ‘n beroep op Swapo-lede gedoen om te verenig. Die eerste minister verduidelik […]

Read More

Afrika moet deel van energie-gesprek wees

Die Namibiese adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, sê Afrika moet sy stem byvoeg aan die groeiende diskoers van die vasteland se deelname aan die energiebedryf, wat ook kan lei na armoede verligting. Sy sê 600 miljoen mense in Afrika het nie toegang tot elektrisiteit nie, wat lewenskwaliteit en ekonomiese geleenthede negatief beïnvloed. Namibië het […]

Read More

Suid-Afrika herdenk Vryheidsdag vandag

President Cyril Ramaphosa lei die Suid-Afrikaanse viering van Vryheidsdag vandag by die Kees Taljaard-stadion Middelburg, Mpumalanga. Suid-Afrika herdenk 28-jaar van vryheid en demokrasie. Die dag word gevier onder die tema “Konsolideer ons Demokratiese Winste”, om Suid-Afrika se oorgang van apartheid na demokrasie in herinnering te roep. Die president se waarnemende woordvoerder, Tyrone Seale, sê deel […]

Read More

Bezos beskuldig Musk van bande met China

Een van Elon Musk se mededingers vir die titel as die wêreld se rykste persoon, Jeff Bezos, beskuldig die Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur hy het bande met China. Dit volg nadat bevestig is Twitter het Musk se aanbod aanvaar om die sosiale media-platform teen ‘n verbysterende 695 miljard Namibiese dollar te koop. Bezos wil weet of dit […]

Read More

Hoërhofregter onttrek haar van buitelandse valute-handelaars se saak

Windhoek hoërhofregter Claudia Claasen het haarself vandag onttrek van die saak van die die buitelandse valuta-handelaars Michael Amushelelo en Gregory Cloete. Amushelelo en Cloete staar verskeie klagtes in die gesig wat geldwassery en bedrog insluit. Hulle word daarvan verdink dat hulle ‘n piramiede-skema bedryf het. Regter Claasen het glo persoonlike verhoudinge met van die getuies in die saak. Die twee beskuldigdes is uit […]

Read More

PDM-parlementslid sê burgemeesters moet vyf jaar dien

Die Popular Democratic Movement se parlementslid, Johannes Martin het vandag in die Nasionale Vergadering ‘n beroep gedoen dat wet op plaaslike owerhede hersien moet word. Hy sê die posisie van burgemeester moet ‘n permanente posisie van vyf jaar wees, in plaas van die huidige een jaar. Martin sê dit sal ‘n burgemeester toelaat om beter […]

Read More

Wêreld-inentingsweek gevier

Stad Kaapstad moedig ouers aan om nie net te verseker hulle kinders se inentings is op datum nie, maar ook hulle eie, terwyl die land Wêreld-inentingsweek vier. Die stad sê inenting is ‘n eenvoudige en doeltreffende manier om kinders en volwassenes teen verskeie ernstige siektes te beskerm. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van […]

Read More