Suid-Afrika herdenk Vryheidsdag vandag

President Cyril Ramaphosa lei die Suid-Afrikaanse viering van Vryheidsdag vandag by die Kees Taljaard-stadion Middelburg, Mpumalanga. Suid-Afrika herdenk 28-jaar van vryheid en demokrasie. Die dag word gevier onder die tema “Konsolideer ons Demokratiese Winste”, om Suid-Afrika se oorgang van apartheid na demokrasie in herinnering te roep. Die president se waarnemende woordvoerder, Tyrone Seale, sê deel van die agtergrond tot vanjaar se Vryheidsdag is die 25ste herdenking van Suid-Afrika se Grondwet en die implementering van die Ekonomiese Heropbou- en Herstelplan: