Bezos beskuldig Musk van bande met China

Een van Elon Musk se mededingers vir die titel as die wêreld se rykste persoon, Jeff Bezos, beskuldig die Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur hy het bande met China. Dit volg nadat bevestig is Twitter het Musk se aanbod aanvaar om die sosiale media-platform teen ‘n verbysterende 695 miljard Namibiese dollar te koop. Bezos wil weet of dit die Asiese reus ‘n mate van beheer oor die platform sal gee. Daar word berig dat hoewel Twitter in China verbied is, het Musk se elektriese motor, Tesla, ‘n aanleg in Shanghai en dié maatskappy se wêreldwye wins is afhanklik van China.