Starmer wil maatreëls daarstel om te keer dat onder-18’s messe koop

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, onderneem strenger maatreëls om te verhinder dat onder-18’s messe aanlyn koop. Starmer beskryf die proses as “skokkend maklik” nadat dit aan die lig gekom het die tiener wat verlede Julie drie jong meisies met ʼn mes vermoor het, die mes aanlyn by Amazon gekoop het. Axel Rudakubana was 17 […]

Read More

Diens reageer op oproepe dat hy vir bloedskenkings moet betaal

Frieda Vatileni, ‘n gesondheidsopvoeder by die Namibiese Bloedoortappingsdiens, het oproepe op sosiale media dat die diens vir bloedskenkings moet betaal, aangespreek. Die koste daaraan verbonde is reeds hoog, want geskenkte bloed moet getoets word voordat dit gebruik kan word. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is ook etiese kwessies rondom so ‘n praktyk.

Read More

Daures lewer eerste oes op

Die eerste komkommer-oes van die Daures Groenwaterstof-dorp is nou beskikbaar in kleinhandelwinkels aan die kus. Die projek bedryf ‘n klimaatbeheerde kweekhuis met gevorderde besproeiingstelsels, wat doeltreffende produksie van hoëgehalte-gewasse moontlik maak. Die kweekhuis kan potensiaal jaarliks tot 500 ton produkte lewer, onder andere tamaties, soetrissies, spinasie en kool. Die produksie sal koolstofvry wees en groenwaterstof […]

Read More

Verwerkingsaanlegte steeds lamgelê

Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge en Ekonomie onderneem tans oorsigbesoeke aan verwerkingsprojekte in die Karas-, Oshana-, Zambezi-, Kavango-Wes- en Otjozondjupa-streke. Die komitee evalueer vordering met die  implementering hiervan na daarvoor begroot is onder handelsministerie. Maar, die status quo is onveranderd en geen tasbare vordering met talle van die projekte is waargeneem […]

Read More

Venaani reageer op stilswye deur owerhede na Namdia-roof

Die vertraging in die beloofde perskonferensie deur NamPol en Namdia na Saterdagaand se gewaagde roof, het baie vrae, en gerugte, laat ontstaan. Namdia sê verder sy bedrywighede is nie ontwrig nie al is een van sy senior sekuriteitsbeamptes in die roof dood en media berigte is uiteenlopend met verskeie feite en die waarde van die […]

Read More

Amupanda getuig steeds in rooilyn-saak

Die rooilyn-saak van Job Amupanda duur voort voor regter Shafimana Ueitele. Dinge is gespanne met Amupanda wat debat voer en nie vrae beantwoord nie. Ueitele het self aan Amupanda gesê hy moenie lesings lewer nie en eerder vrae beantwoord. Advokaat Raymond Heathcote, vir die landbouministerie, het kruisverhoor vanoggend voorgesit.

Read More

Bouplanne in die vierde kwartaal is op vir hoofstad, af vir Swakop

Ten spyte van dalings in die aantal goedgekeurde bouplanne in beide Windhoek en Swakopmund in Desember, het die kwartaallikse prentjie positief vertoon, veral vir die hoofstad. Windhoek se goedgekeurde bouplanne het in die vierde kwartaal ‘n kwartaallikse groei van 27 persent aangeteken, terwyl Swakopmund ‘n inkrimping van 32 persent gesien het. Op ‘n jaargrondslag het […]

Read More

Wolfshag-skag sal tot 2027 by B2Gold lewer

B2Gold Namibia het gesê eksplorasieresultate dui op die potensiaal om ondergrondse produksie by Wolfshag tot 2027 uit te brei. Kosmos 94.1 Nuus het met die B2Gold-landbestuurder, John Roos, gesels wat sê dit sal die verwerkingsbedrywighede tot 2032 aanvul, wanneer ekonomies lewensvatbare voorrade na verwagting uitgeput sal wees. Kapitaalbesteding vanjaar by die Otjikoto-myn sal na verwagting […]

Read More

Gauntlett gaan aftree na bewerings van seksuele aanranding

Die bekende senior advokaat in Suid-Afrika, Jeremy Gauntlett, sê hy gaan aftree ná bewerings van seksuele aanranding. Die Algemene Balieraad het Dinsdag die bewerings vir ondersoek na die Kaapse Balieraad en die Johannesburg Vereniging van Advokate verwys. Wits-universiteit se senior dosent in sosiale antropologie, Hylton White, beskuldig Gauntlett dat hy hom in die 1980’s seksueel […]

Read More

Kaapstad loop risiko van brande soos in Los Angeles

Kenners waarsku die dodelike veldbrande in Los Angeles kan ook in Kaapstad voorkom omdat dit ʼn soortgelyke klimaat, bergagtige topografie en plantegroei het. Die metro se Brand- en Reddingsdiens sê daar was in die 2023/2024-boekjaar meer as seweduisend brande. Die Knysna-brande van 2017 het 12 sterftes, onder andere twee brandbestryders, en die verlies van eenduisend-444 […]

Read More