Liedjieskrywer Johan Oberholzer sterf

Die musiekagentskap, Coleske Artists, sê in ‘n verklaring hy treur die dood van die liedjieskrywer, Johan Oberholzer. Hy is Saterdag aan natuurlike oorsake oorlede. Oberholzer, wat in Walvisbaai gebore is, het onder andere “Die Land”, “Mis Eet Slaap Herhaal” deur Demi-Lee Moore, “Skildery” deur Nadine, “Af en Af” van Kurt Darren en die nuwe liedjie van Laurika Rauch, “Nog voor ek jou geken het” geskryf. Talle musikante het reeds hulde aan hom gebring. Coleske Artists sê sy musiek het die klank en identiteit van Afrikaanse musiek help vorm en sy invloed sal vir altyd voortleef.