Gaza: Vierde uitruil van gevangenes verloop glad
Hamas het drie Israelse gyselaars uitgelewer as deel van die skietstilstandooreenkoms met Israel wat op 19 Januarie begin het. Die 34-jarige Yarden Bibas en die 53-jarige Ofer Kalderon is vrygelaat op ‘n plegtigheid in die suide van Gaza. ‘n Amerikaans-Israelse burger, die 65-jarige Keith Siegel, is op ‘n afsonderlike geleentheid uitgelewer. Dit is die vierde vrylating van gyselaars vandat die ooreenkoms in werking getree het. Die jongste drie gyselaars is uitgeruil vir meer as 180 Palestynse aangehoudenes.