Ministerie bevestig twee rondloper leeusFebruary 2, 2025
Die omgewingministerie sê hy is bewus van twee afsonderlike voorvalle van rondloper leeus. In die eerste geval is ‘n wyfie in die gebied van Tsumeb en Oshivelo gesien. Sy is deel van ‘n trop van vier van Onguma Lodge. Sy word gemonitor maar boere in die gebied word gemaan om versigtig te wees. ‘n Tweede leeu is net buite Oromowa, op die westelike grens van Etosha gesien en veeboere buite die park is reeds gewaarsku en die dier word gemonitor. Daar is geen veeverliese tot dusver aangemeld nie.